New York to Montana
New York to Montana

New York to Montana

New York, New York

 

29 July 2008

 

Donderdag oggend (22ste) 4:00AM was ons al uit die vere, en reg vir die invaart in New York se hawe. Net so na 5:30 se kant het die son so skrams begin opkom, en kon ons die eerste keer die bekende  Statue of Liberty sien. Dit was ‘n besonderse ondervinding om juis op hierdie manier New York, en die VSA in te kom, en dit op ‘n besonderse skip soos die Queen Mary 2. Daar was baie mense op die dek, en almal wou die Statue of Liberty, en die Manhattan Skyline sien en fotos neem .Almal was opgewonde, en daar was selfs 3 helikopters wat saam met ons ingevlieg gekom het, seker media helikopters gewees. Terug in die 19de eeu was dit die enigste manier hoe die imigrante en besigheidsmanne tussen die twee kontinente beweeg het. Ons het so effe gevoel wat hulle moes gevoel het destyds.  Na die skip gedok het, het ons ons 2 Touratech sakke gevat en afgeklim. Die customs en imigrasie was eenvoudig en maklik. Ten spyte van die hoeveel waarskuwings om nie kos deur customs te vat nie, het ek gesien hulle keer ‘n vrou voor met 2 toebroodjies, netjies toegedraai in ‘n servet in haar handsak. Wat is dit dan tog met die mense? As hulle se moenie kos inbring nie, dan bedoel hulle dit seker, ek meen, wat verstaan hulle dan nie van moenie inbring nie?

Toe vat ons ‘n geel taxi (ja, New York se taxis is geel, net soos in die flieks) na die trein stasie, en toe van daar af dorp toe om versekering vir die GS te probeer kry. Dit was egter makliker gese as gedaan, want ons het heel oggend gemors oop soek na iemand wat bereid is om 3de party versekering aan ons te verskaf. Daarsonder sal ons onwettig op die pad wees, nie die moeite werd om so kans te vat nie.  Einde laaste gee ons moed op met die versekering, en gaan toe lughawe toe om die motorfiets te kry. Die prosedure was ook redelik eenvoudig. Die aand laat het ons die bike uit die krat gehaal, en kon ons wegry vanaf die lughawe. Ons het nie ver gery nie, toe boek ons maar in by ‘n hotel  Die volgende oggend het ons toe einde laaste die versekering gereel gekry, en toe is ons die stad in om inkopies te gaan doen en die stad so bietjie uit te kyk. Ons is in met die trein, en die GS het by die hotel gebly. Ons eerste indruk van die VSA was nie wat ek verwag het nie, inteendeel was ons so bietjie teleurgesteld in wat ons gesien het. Hou in gedagte ons kom nou net vanaf Europa, waar alles skoon en netjies is. Hier in New York is die dinge nie so skoon en netjies nie. Hulle treine is maar baie basies en skora skora, en nie naastenby so nice soos Rome, London of Duitsland s’n nie. Ten minste werk hulle en kan jy van punt A na B gaan vir redelik goedkoop. Die ding wat my egter baie opgeval het was hoe vriendelik en spraaksaam die locals is, beide swart en wit. By ‘n paar geleenthede waneer ons die pad of trein kaart staan en bestudeer, het daar iemand na ons gekom en gevra of hulle kan help. Gewoonlik is mense nie so vriendelik in ‘n groot stad nie, maar hier in New York is almal ‘happy-go-lucky’

Manhattan eiland is egter baie groot, so ons 3 dae wat ons daar spandeer het was nie naastenby genoeg om alles te sien nie. Ons het meer gefokus om inkopies te doen, aangesien dit in ons plan was om baie van ons toeristing hier te vervang met beter gehalte om die natuur in Alaska te weerstaan. Ons het toe alles gekry wat ons gesoek het, nuwe slaapsakke, matrasse, skoene ens. Ek kon egter nie die regte sagte en harde ware kry om my GPS (Etrex Vista)te laat werk hier nie, so toe besluit ons om maar die ook op te gradeer na ‘n nuwe weergawe.
Die ander opvallende ding van New York was dat die poskantoor en banke ook sulke verskriklike dik glas het tussen die teller en jou, net soos in Suid Afrika. In Europa en ook die Midde Ooste het ons dit nie gesien nie. Lyk my hier is ook so baie skelms soos by die huis. Ons algemene beplanning vir die VSA is om vanaf New York te ry na Montreal omgewing in Kanada, en dan reguit wes na Sturgis om die wereld se grootste motorfiets rally by te woon. Na Sturgis sal ons die pad noord na Alaska aanpak en sover noord ry soos wat ons kan, tot by die ‘Arctic Ocean’.

Hopelik sal ons daar die ‘Northern Lights’ kan besigtig, en wie weet, meskien sien ons ook ‘n ‘Polar Bear’ of twee. Die dorpie daar bo se naam is Deadhorse, Prudhoe Bay. Van Deadhorse of sal ons terug draai en al met die westekant af ry tot by San Fransisco (California) en Las Vegas (Nevada) se kant, waar ons weer Oos sal gaan na Hatfield, Arkansas en ‘n groot CMA rally en internasionale byeenkoms by tewoon, wat die einde van Oktober is. Na die rally sal ons suid gaan deur Texas en laat in November behoort ons in

 

 

New York to Johnson, New York

 

29 July 2008

 

We are currently on our way to Thunder Bay, Ontario, Canada. We’ve arrived safely in New York, got the bike, did the shopping, and drove north towards Montreal, Canada. In New York state we went through the Adirondack National Park, where we slept the first night. The next day we crossed into Ontario, Canada, and drove past Ottawa, and west towards North Bay. Today we came through North Bay. The ride north through New York (state) is stunning. Ontario, Canada is huge and we’ve been driving for two days through forest-type scenery, awesome stuff. People are very friendly here in Canada, and everywhere we stop someone will come over to have a chat with us.

Die pad uit New York stad was nie so maklik om te vind nie. Gelukkig vir die nuwe GPS wat die VSA en Kanada kaart op het, het ons darem redelik gou op die pad gekom. Dit was meer ‘n geval om die nuwe GPS se funksies en knoppies te leer Die pad noord is ‘n groot snelweg, wat nie te besig was was nie. Nog ‘n ding wat vir my opvallend was is hoe geduldig en bedagsaam die mense bestuur, glad nie so rof en onbeskof soos ek verwag het nie. Die natuurskoon is pragtig en besonders groen. Die dorpies en huise is duidelik in ‘n heel ander klas as New York stad, baie netjieser en mooier. Mens kan sien die mense is trots op hulle omgewing, en die grasperke en tuine is perfek instand gehou. Party huise het sulke groot Amerikaanse vlae op, duidelik trots op hulle land. By die meeste huise staan daar ook so ‘n groot Dodge, GMC of Ford bakkie. New York doen nie klein nie, selfs die karre is sulke slappes soos in die flieks. Soos ons so deur die dorpies ry, voel dit skoon of ek aan die droom is. Die plek lyk en voel nie werklik nie. Dis ‘n gesig en ‘n gevoel wat nie een van ons al gesien of beleef het nie. Die huise, en strate is baie anders as Afrika en Europa. Meeste is van hout gebou, presies soos mens hulle in die flieks sien. Die meeste huie het sulke verskriklike groot grasperke, en geen heinings. Soos ons deur die dorpies ry, beweeg ons koppe van links na regs in overdrive, om seker te maak ons mis nie iets nie. Verder noord vanaf New York stad het die omgewing net mooier en mooier geraak. Die bosse is so dik langs die pad dat jy niks binne in die bos kan sien nie Op pad sien ons ook heelwat ander bikers wat op toer is, meeste ry natuurlik Harley Davidsons, en is ook baie vriendelik en groet in die verbyry.  Net na ons by een dorpie stilgehou het, stop daar ‘n kar langs ons, en die mense deel toe met ons mee dat hulle op die radio ‘n waarskuwing gehoor het van 100m/h winde en donder storm wat op pad is. Toe stop ons maar by die Diner (Amerikaanse padkafee en resturant), en dit was nie eens 15 min nie, toe storm dit dat dit bars. ‘n Uur later was dit verby, en kon ons verder ry. Ons eerste indruk van die VSA buite die stad is sover baie goed, en ek kan sien dat ons dit hier baie sal geniet………Epos gestuur 2 Augustus 2008 6.33pm

Wel, weereens geen selfoon opvangs nie, maar wel internet wireless by die kamp terein! Ons is veilig by die CMA South Dakota State rally, wat so 20km suid van Deadwood gehou word. Ons het ‘n verskriklike interesante onderving gehad die laaste 2 dae. By Dawson het ons gesien hoe ‘n sikloon die dorp se bome uitmekaar ruk, 85mph winde gewees, en ons moes in daardie winde op pak en skuiling soek. Alles het darem goed afgeloop op die einde. Daar het blykbaar ‘n tornado 20 myl suid van ons verby beweeg! Die volgende aand het ons in ‘n Cowboy dorpie geslaap, en cowboy kos saam met die locals geeet terwyl hulle country musiek speel!  Vandag het ons verby die ‘Dances with the Wolves’ site en area gery, die pragtigste oop landskap denkbaar. Ons is deur Sturgis, dis nog 3 dae voor die rally en die dorp is al klaar onder die bikers, amazing.Het vandag ‘n nuwe voor tire gekoop en opgesit.

 

 

 

9 Augustus 2008

 

Ons hou nog lekker rally. Ek sal later, of oor so dag of wat meer uitbrei oor die rally.Ons help die plaaslike CMA met sekere take, deel van die organiseering van die rally. Dis lekker, want dit beteken ons sien alles gratis. Ons het vlat track racing gesien, Hillclimb, All Harley Drags, Die museum en more doen ons diens by die uitkykpunt oor main street, so dan kan ons ‘n foto neem van die hoofstraat. Ons was intussen ook by Crazy Horse (Die wereld se grootste kerf beeld) en Mount Rushmoore. Baie nice om te sien. Ons beplan om sondag van hier af te ry in die rigting van Yellow Stone National Park, en van daar af noord tot by Glasier National Park, dan na Calgary in Alberta (Kanada), waar ons so 2 of 3 dae sal spandeer en die bike diens. Dit sal so 10 dae vat voor ons by Calgary sal wegkom, ons sal maar sien. . . . . .2 dae terug is hier weer so storm deur Sturgis, gelukkig het ons ons tent opgevou en in die huis geslaap die aand tot die storm verby was.

 

Grand Portage to Sturgis

 

9 August 2008

 

 

We re-entered the USA along Lake Superior and travelled through Minnesota. The signboards changed from Moose to Deer warning signs.  We were not too far down the road and we saw some deer crossing the roadway up ahead of us. The lakes and hills slowly faded away as we headed for Sturgis.  Huge maize and soya farmlands spread for miles and miles in all directions, with the odd little town every now and then.  Some of the towns were really odd, no bigger than a couple of buildings with a 4-way stop!  The roads were easy to follow as they either head North/South or East/West, so by looking at the sun you know which direction you are heading.  We kept heading west and travelled about 650km’s before we came to the town of Dawson.  It is a very pretty little town, with a wonderful new clean recreation area – lawns, trees, swimming pool, ablutions, about 3 baseball pitches, af-dakkies with bunkies and a small camping area on the one side. Many of the town folk were either playing ball with the kids or swimming.  The camping area had 5 huge camper vans/RV’s… and I mean huge, the size of a Golden Arrow bus! They have sections on the side that slide out which make the inside width bigger, it is amazing to see.  Most of the people at this particular campsite were retired; some had sold their house and most of their possessions, bought the RV and towed a vehicle for running around town.  They stayed in an area for 3 to 6 months at a time and would move to a warmer climate if the weather got too cold. Some had their pets with them, little or medium size dogs or kitties.  The one guy was a restaurant owner in the town and stayed there permanently, then there was 93-year-old Paul who looked 75 and had been coming to the site for 9 years staying 6 months at a time. The fee (tent or RV) was US$15-00 per night or US$260-00 for the month – not too shabby considering it includes the use of their water and electricity…. The other wonderful thing about this campsite was the fact that there was no office to register or to pay the camping fee! It all worked on an honour system – there were envelopes in a little box on the wall next to the ablutions, write your details on the envelope and the number of days camping, put your money in the envelope and put it through the little post box!!  And that was it… well we set up camp and while I was making dinner, the restaurant guy came to ask about the GS and then on parting said that if the storm got too bad we could go into his camper as he never locks it!!! Storm… what storm? He pointed to the horizon and said that it would be in the area about midnight…. and if the siren went, then we were to head for the ablutions next to the swimming pool!!  Siren… what for?  Oh, to warn about a Tornado…..  At this point, I think our eyes were as wide as saucers, TORNADO’s ?  With that, he headed back into town. To be honest I wasn’t sure if he was teasing us or not.  We finished dinner and Johan secured the tent – just in case…………

 

 

During the night and in the early hours of the morning I could hear the thunder way off in a distance. At 6 am we woke with a start as the thunder and lightning were right overhead and it started to rain. We both turned over and cuddled back into our sleeping bags, as we realised that we would not be able to pack up in the pouring rain…  It was about 10 minutes later when the wind started, and it blew and it blew and it blew… it got so bad that I sat up and held the tent poles and it wasn’t long before I told Johan that it would be best that he got dressed.  He did this as quickly as possible and then took over the holding of the tent poles from me while I got dressed and packed our sleeping bags and stuff into the yellow dry bags. I helped Johan put his boots on, as his hands were busy holding the tent poles. By the time everything was packed, the front section of the tent had blown loose and was flapping violently. It was quite an unreal feeling, the noise of the wind and the thunder was unbelievable.  Thankfully we were still dry inside the tent but it was time to make a move before we has lift-off! The other big concern was the GS – was she still standing? The plan to get everything to a safe place went as follows: while Johan continued to hold onto the tent poles, I moved our stuff to a sheltered place behind the neighbour RV, then unhooked the tent poles on the downwind side so that they could straighten out and collapse the tent. I then held up the one end of the tent so that Johan could crawl out… once I was out of the tent the weather seemed to turn, thank you Jesus. While Johan was still in the tent I quickly took a video of the outside of the tent which showed his body outline as he was holding onto the tent on the inside. I thank the Lord that it was early morning and the sun was up, as it would have been a pretty scary thing to do in the dark.  While we were quickly rolling up the wet tent, we noticed all the neighbours coming out of the ablutions and going to their camper vans….the one neighbour came over to tell us that a friend had phoned him to say that there was a second storm on its way and he was totally amazed that we had stayed in the tent the whole time.  While we were moving all our stuff to the ablutions building we noticed all the destruction around us, trees snapped in two, trees blown over or ripped apart,
branched and leaves and bits of stuff everywhere, the town’s power was also knocked out.  In the ablutions, I folded the wet tent neatly and repacked the yellow bags so that everything fitted properly.  Johan parked the GS as close to the building as possible and kept a steady eye on the wind direction which seemed to be gusting from all sides every now and then. The rain had started to fall again as the second storm moved in but thankfully it was not as violent as the first.  By 9 am the weather had cleared and if it wasn’t for all the debris lying around you would never have thought there had been a storm.  We packed the GS and went back to the area where we had been camping and made a breakfast sandwich.  Rose and Jean came to chat with us and even brought the coffee.  What a blessing. One of the neighbours came to tell us that the council was using a snowplough to clear the streets and that the golf course got hit really bad… this really bothered some of the pensioners. They also told us that a tornado touched down about 20 miles (32 km) to the southeast of us, phew! We drove up and down some of the streets on our way out of town and we were amazed to see so many of the beautiful big trees totally destroyed, but thankfully we did not see any major damage to any of the houses.

The road west leads us through more farmlands, once again mostly mielies, soya and some wheat. As we headed west we zigzagged from the 212 down to 14 which would take us straight to Sturgis, some of the towns we went through were really small but all seem to have a Veterans Park.  After about 500km’s we got to the town of Hayes.  This little town had an airstrip, fuel station come convenience store, public park, fire department and about 3 houses…. that was it!  But what was so fascinating was that on a big field next to the airstrip was a huge gathering of cowboys, horses, vehicles, trailers and horse carts.  The lady at the store told us that it was a ‘trailer swop meeting’ that had been running for the week and as it was the last day of the event, the fire department was having a fundraising BBQ dinner…. and we were most welcome to join!  Johan was so excited to see real cowboys for the first time that we decided to camp the night in the public park but first headed over to the fire department to get some dinner. We saw real cowboys with cowboy hats, in denim shirts and jeans, boots with spurs and had live country music. After dinner, we went to the public park which was across the road from the airstrip, unpacked the wet tent and laid it in the sun to dry.

We were very blessed to pitch the tent on the edge of a little lake with ducks, terrapin and other water birds that we do not know the names of. The next morning we woke to a beautiful sunrise and headed off into ranch country.  Phew what a beautiful part of the country this was, the scenery changed from flat farmlands to rolling hills with black cattle, huge tan colour cattle with white faces and horses. Slowly but surely we saw the Black Hills in the distance, it was breathtaking, a heart-stopping moment when once again we realised what an awesome God we serve. The closer we got to Sturgis the more motorcycles we saw.  From miles out of town, we passed campgrounds with RVs, tents and tent trailers.  It was 3 days before the official start of the rally and there were already thousands of bikers all over the show.  We headed through town to the BMW dealer as we needed to get a new front tyre.  Praise the Lord that they had the exact one that Johan needed for the GS.  Isn’t God good?  We strapped the tyre on the back and headed for the South Dakota Christian Motorcyclist Association State Rally in the Black Hills.

We spent the next 3 days with the most amazing group of CMA’ers building relationships and preparing our spirits for the volunteer work we were going to do during the week ahead at the Sturgis Rally.  We give all thanks and praise to the Lord for leading us to our fellow brothers and sisters in Christ and for the time we could spend with them.  It was just what we needed after spending so much time travelling alone, we felt at home with family.  On Sunday everyone packed up and most of us moved to Mountain Shadow Camp Site in Piedmont, better known by the CMA’ers as ‘Kessler’s’.  Dan and Carol Kessler are CMA members who have opened their home and property as a campsite for the week of the Sturgis Rally.  They have little bungalows for hire, an RV parking area, plenty of lawns for pitching tents, electrical points, fantastic ablutions and 24-hour free coffee, ice water, iced tea, American lemonade and snacks!  Oh and free wifi internet!  At Kessler’s we met more CMA’ers from all over the USA, Canada and Alaska.  Not everyone is able to stay the full week but all come to help do the Lord’s work and of course to enjoy the beautiful roads and scenery of the Black Hills. Some of our duties were ticket monitoring at the photo towers on Main Street, parking of bikes at the hill climb & short circuit, parking of bikes and handing out water at the drags and keeping an eye on the people in the Museum and Hall of Fame.

 

In between shifts, we walked all through the town and every day saw more and more wonderful custom bikes and of course some really weird ones. The noise level is really unbelievably loud as about 98% of the bikes at the rally are Harley Davidson’s with both male and female riders.  Some people even had their dogs riding with them! We spent one-day sightseeing and enjoying the beautiful roads in the area.  We went through Rapid City, Keystone to Custer National Park and saw a big herd of bison and a few deer.  We rode the famous Pigtail hairpins and the Needles Highway to Mt Rushmore and looked at the Presidents.  Then we headed off the see Crazy Horse, this was by far one of the most interesting sites we have seen as on completion it will be the world’s biggest sculpture.

These past few days have been an absolute blessing and we thank the Lord that we can be here at this time.

 

Sturgis & The Black Hills

 

 

10 Augustus 2008

 

 

Ons beplan om more die pad te vat na Alaska. Ons tydjie in Sturgis was fantasties.Dit was verseker die moeite werd om die moeite te doen en hierheen te kom. Die Black Hills in South Dakota is seker een van die VSA se mees bekendste landskappe. Dit word die Black Hills genoem want dis hoe die Indiane dit gedoop het, en is donker van kleur (amper swart) as jy dit sien vanaf die Ooste. Die Indiane het hierdie deel van die kontinent bewoon, voor die Europeers gekom het. Die res is geskiedenis wat ek nie so goed ken nie, maar as jy al die film “Dances with the Wolves” gesien het, sal jy so bietjie meer verstaan hoe dit was in daardie tye. Die terein en natuurskoon is presies soos in die film, asemrowend. Die Black Hills is ook die tuiste van die bekende Mt Rushmoore, waar die eerste 4 Amerikaanse presedente  se gesigte uit ‘n berg uitgekerf is. Vir die van julle wat die laaste Nicolas Cage Film gesien het, National Treasure, sal weet hoe dit lyk. Ons het egter besluit om nie die $10 te betaal en in te gaan by die monument nie, en net fotos geneem in die verbyry. Die Monument is indrukwekkend en besonders om te sien. Mt Rushmoore is so erg ‘n Amerikaanse simbool soos die Statue of Liberty in New York. Dit simboliseer die geboorte van hulle land. Die Amerikaaners is baie patrioties en trots op hulle land, en dis mooi om te ervaar. Ons het donderdag besluit om ‘n break te vat van die rally en so biejie rond te ry en die Black Hills te verken. Ons het vinnig besef dat dit nie moontlik is om ‘n break van die rally te vat en in die Black Hills te bly nie. Die Sturgis rally is nie verniet die wereld se grootste rally nie. Die rally is nie net in Sturgis nie, elke dorp in die gebied het sy eie rally en oorals by die resturante en vulstasies langs die pad is net bikes. Die hoeveelheid bikes op die pad het ons egter nie te veel gehinder nie, aangesien ons dit ook rustig gevat het en die berge en natuur mooi bekyk het. Partykeer, veral deur die dorpe het ek die geleentheid gehad om te voel hoe dit moet wees om bike te ry en doof te wees. My BMW se klank word heeltemal uitgedoof deur die gedreun van die Harleys rondom my, ek kan net die vibrasie van die enjin voel en die ref counter se naald sien beweeg. Dit was ook in die dorpe, maar redelik iriterend toe ons deur die Custer State Park ry.

 

 

Een ou het selfs sy radio op bler gehad. Ek meen, dis nou alles cool en als, maar ek verkies stilte in ‘n natuur reservaat. Die Bison het egter nie ‘n probleem met die geraas gehad nie, en die trop wat ons verby gery het het rustig langs die pad gestaan en wei. Na ons deur die park was en Mt Rushmoore besoek het, het ons af gery na Crazy Horse Memorial. Soos die naam heet, is dit ‘n monument wat toegewei is vir die Indiaan nasie van Amerika. Een van hulle bekendste leiers was ‘n chief met die naam van Crazy Horse. Ek gaan julle egter nie ‘n geskiedenis les gee oor hom en sy volgelinge nie. Vandaf die eerste sig van die Monument, het ons bekke het oopgehang en later deur die besoek was daar selfs trane in ons oe, die besoek was verseker ‘n hoogtepunt en iets wat ons verseker sal onthou die res van ons lewens.

Die monument is ‘n beeld van Crazy Horse op sy perd, wat uitgekerf word uit ‘n graniet berg, soortgelyk aan Mt Rushmoore, maar baie groter. Ek kan jou nie in woorde mooi vertel hoe groot die ding is nie. Die imosinele deel is die verhaal is egter te doen met die man wat die monument begin het. Sy naam is Korczak Ziolkowski, hy het gehelp kerf aan Mt Rushmoore. Na hy ontslaan was van die Mt Rushmoore projek, het hy ‘n brief gekry van ‘n Indiaan Chief met die naam van Sitting Bear wat lees: “My fellow Indian Chiefs and I want the white man to know that the red man has heros also” Korczak het die uitnodiging aanvaar, ‘n berg gekoop en 60 jaar gelede, man aleen begin kerf aan die berg. Dis nou wat ek noem toewyding en visie! Hy is oorlede in die laat 80’s, maar sy vrou en 10 kinders het die projek hul eie gemaak en voort gegaan. Die publiek se donasies is die enigste finansiele ondersteuning wat hulle het om voort te gaan.

 

 

Die fasiliteite daar is fantasties met ‘n museum van Indiaan klere drag, wapens en so aan. Ons het die aand gebly om die “Legends of the light” show te kyk. Stel jou voor jy het ‘n berg 1.6km van jou af weg, en hulle projekteur ‘n film daarteen, amper soos ‘n ‘drive-inn’. Wel, dis presies wat dit was, die beeld kwaliteit was so goed soos enige Nu Metro film, uit die boekke.  Die rally, laat ek julle so bietjie meer vertel van die rally. Hulle reken daar kom so 500,000 bikers na die rally, so bietjie groter as die Buff of die Toyrun. Die bekendste uithangplek is in Sturgis se hoofstraat, maar dit voel maar dieselfde as Cristiana en Aliwal gedurende die Rhino of Buff, nie soveel meer bikes in die afgesperde gebied nie. Die verskil is egter, as jy na enige dorp in die gebied ry, sien en ervaar jy dieselfde, hoofstraat is toe en oorgeneem deur bikers. Met gevolg daarvan is die paaie tussen hierdie dorpe redelik vol van bikes. Die meerderheid van die besoekers is nie hier vir die party nie, hulle is hier om die pragtige paaie in die omgewing te ry, en ‘n Sturgis T-hemp te koop. Party kom ‘show’ hulle pragtige motorfietse af, ander hul lyf. Die rally is redelik rustig in vergelyking met ons rallies by die huis, aangesien ons nog nie een ‘burnout’ op straat gesien het nie, maar blykbaar gaan dit wel rof in sekere kamp tereine. Daar is ook heelwat wedrenne soos Hilclimb, Moto-X, Flat track, Drags en alerande ander vermaak. Sturgis het ook hierdie jaar die ‘Custom bike building World Championship’ gehou. Ons het 100de pragtige bikes gesien van regoor die wereld. Die Black Hills kan maklik vergelyk raak met ons eie Oos Transvaal, pragtige historiese dorpe en lekker bike paaie om te ry. So stel jou voor die Paradise Rally  in Graskop, met net so groot bymekaarkom in Haizyveiw, Witrivier, Sabie, Blyderivier, Lydenburg en Pelgrimsrus op dieselfde naweek. Stel jou voor almal ry cruisers en ry binne die spoedgrens, redelik beskaafd, dan het jy ‘n goeie idee waaroor Sturgis gaan.

Sturgis to Yellow Stone

 

12 August 2008

 

 

Ons toer in die VSA gaan nog voor die wind en ek kan julle se dat die landskap in die VSA is asemrowend! Van Sturgis af het ons reguit wes gery. Die volgende staat langs South Dakota is Wyoming, ‘n regte Cowboy staat. Die motors se nommerplate het ‘n Cowboy prentjie as die agtergrond (South Dakota het Mt Rushmoore as agtergrond). Die moderne Cowboy wat ons raakgeloop het ry egter nie so baie perd soos in die ou dae van die wilde weste nie. Die Cowboys wat ons gesien het ry Dodge en Ford bakkies, sulke masiewe groot goed met dubbel vragmotor tiepe wielle agter.  Dan sleep meeste van hulle so lang sleepwa, wat hak soos ‘n groot vragmoter se sleepwa. Een deel van die pad wat ons gery het in Wyoming het baie soos ons Karoo gelyk, droog en bossies, maar mooi. Net voor die dorp Cody (700km wes van Sturgis) het ons van die pad afgetrek en tent opgeslaan.  Ons was lekker moeg en het sommer vroeg ingekruip. Iewers in die middel van die nag word ons wakker gehuil deur Cayotes. Die gehuil was iewers in die verte, maar dit het heel skrikwekkend en ‘freaky’ geklink, soveel so dat ek nie weer aan die slaap kon raak nie. My gedagtes het met my wegehol, en my ore was gespits vir waneer hulle naby ons tent kom snuffel. Ek was verniet bekommerd, want hulle het nie weer gehuil nie, en het wegebly van ons af. Vir die wat nie weet wat ‘n Cayote is nie, dis die ou wat die bomme plant in die Roadrunner Sprokies prent programme. (Miep – Miep) ‘n tiepe van ‘n wolf, ek dink. Vroeg die oggend het ons weer in die pad geval en uitgesien na een van die VSA se mees bekende parke, die Yellow Stone National Park. Een guru van ouds het die pad tussen Cody en Yellow Stone gedoop :” The most scenic 50miles in America”

Wel, ons het nog nie die hele VSA deurkruis nie, maar sover is dit verseker die pragtigste 50 myl van die 5500km wat ons al hier gery het. Die pad loop in ‘n kloof  met berge en kranse links en regs van die pad.  Maar die kranse is nie teenaan die pad nie, dis so entjie weg en op daardie stuk pad besef ‘n mens net weereens dat dinge werklik groter is in die VSA. Hier is spasie om asem te haal, dis ‘n ongelooflike gevoel om te beleef.  Die park self was ook mooi, met baie natuurlike geysers en warm water bronne. Dit het baie gelyk soos die bronne wat ons by Pumakale in Turkye gesien het, wit rots poelle. Oorals waar ons stop langs die pad, kom gesels die mense met ons. Almal natuurlik baie vriendelik, veral die bikers wat op pad huis toe is vanaf die Sturgis rally. In die park kon ons egter nie slaapplek kry nie, want al die kamptereine was vol, so toe suiker ons maar aan en uit die park uit. Tussen die park en die staat Montana is daar ‘n bekende pad…………

 

 

Die Beartooth Scenic Highway. Iewers in daardie bpad en ergreeks het ons ‘n nice kamp terein gekry en die aand daar spandeer. Die kamp is 2700m bo seespieel, en dit was vrek koud, -2.5grade C. Ten spyte van al die waarskuwings om versigtig te wees vir Grizzly Bere, het ons nie een gesien nie. Ook maar goed so. . . . . .Voor ek verder vertel oor die Alaskan Highway, moet ek julle eers terug neem na Wyoming in die VSA. Ek het julle laas vertel dat ons mos deur die  Yellow Stone Park in Wyoming gery het, en die aand net voor die Beartooth bergpas gekamp het. Wel, die volgende dag het ons oor die Beartooth pas gery, die pad loop oor die 3300m bo seespeel en is pragtig. Bo op die pas gaan jy oor in Montana, die volgende Amerikaanse staat. Montana se slagspreek is ‘Big Sky Country’ en ja, dit is so. Die lug is skoon en mens kan vir kilometers ver sien. In die ooste is dit redelik plat, en die weste is dit bergagtig. Na die Beartooth pas het ons op die Intertsate snelweg geklim en aangestoot in die rigting van Alberta, Kanada. Een aand het ons weer sommer so van die pad af getrek en gekamp. Ons doen dit so af en toe om so bietjie geld te spaar, want party kamptereine is redelik duur ($30). Ons het iewers op ‘n lekker kronkelende grondpad beland verby ‘n spookdorp- museum (Garnet) wat destyds ‘n myndorpie was. Amper soos Kolmanskop daar by Luderitz, die een is net in die berge en bos.  Die GS was in sy element en weereens het ek besef hoekom mens so trip met ‘n dubbel doel fiets moet aanpak en eerder die ‘plastic’ bikes vir die gewone breakfastruns by die huis moet los, want met ‘n GS (of iets soortgelyk) het jy nie grense nie, jy kan ry en gaan net waar jy wil.

Net voor die Glasier Nationale park het ons by twee dierbare CMA mense  oorgebly vir 2 aande.Howard en Barbara het ons behoorlik bederf met hul gasvryheid en vriendskap. Hulle ry alby Harley Davidsons, en is bikers uit en uit, bikers vir Jesus natuurlik. Barbara het ons deur die hele Glasier park begelei en selfs vir ons ingang betaal. Sy is ‘n wonderlike borrelende mens vol lewe. Dankie Barbara. Glasier Park was mooi, maar ons het net een glasier daar gesien, so ek weet nie waar die naam vandaan kom nie? Na die park is ons noord en oor die grens terug in Kanada vir die 2de keer, die keer Alberta. Onmiddelik verplat die omgewing en ons ry deur kilometers van gars en gras landerye,redelik vervelig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *