2 August 2008
Kanada is pragtig.
Die 27ste Julie is ons oor die grens tussen New York staat en Ontario, by ‘n klein dorpie met die naam van Johnstown. Ons eerste indruk van Kanada was dat die snelheidsperk in km/h aangegee word, en nie m/h, soos die VSA nie. Spoedgrens is ook belaglik laag, 90km/h. Ons ry darem nie gewoonlik veel viniger as dit nie, so dit het ons nie so baie gepla om so stadig te ry nie, maar ons moes ‘n enorme 2000km deur Ontario afle.Van Johnstown af is ons reguit noord en verby Ottawa. Die ongewing is digte bos, maar ‘n ander tiepe bos as in New York. Die bome is meer ‘n tiepe van denneboom, maar ook anders as die wat ons by die huis het. Die padopervlakte is heel goed, en ons kon met redelike gamak afstand inkry. Dit was jammer dat ons nie meer tyd in daardie staat kon spandeer nie, want dis pragtige wildernis area met min mense. Oorals waar ons stop, hetsy vir petrol of vir ‘n snack, kom gesels die vriendelike locals met ons. Sodra ek my mond oop maak dan hoor hulle my aksent is vreemd, en dan volg die :’where’ you from?’ vraag, en dis gewoonlik eers so uur latre dat ons weer in die pad kan val.
Die aand van die 27ste Julie het ons kamp opgeslaan by ‘n dorpie met die naam van Eganville. Met die stilhou kom die buurman al met ‘n bier in die hand oorgestap om te kom gesels. Hy bied ons sy braai aan en se ons kan kom kos maak in sy tydelike opslaanhuis. Man, die Kanadese mense is darem vriendelik! Die volgende oggend is ons eers na 10 daar weg, aangesien die tent nat was van dou gedurende die nag. Van Eganville na North Bay is ‘n pragtige pad langs ‘n groot riviier, en omtrent geen ontwikkeling of mense nie, regte ongerepte natuurskoon uit die boonste rakke. Na North Bay in ‘n Noord Westelike rigting is die pad dieselfde, ongerep en pragtig. By ‘n dorpie waar ons inkopies gedoen het by ‘n supermark, kom gesels daar ‘n toppie met my terwyl Charmaine die winkel is is. Hy het eerstens die sticker voor op die bike wat se, I’m not ashamed of the gospil of Jesus Christ’ opgelet, en vra toe net na hy homself voorstel hoe ek Jesus aangeneem het as my verlosser. Daarna het ek hom vertel en soos gewoonlik, gaan ‘n uur of selfs meer verby. Hy is ook ‘n Christen met ‘n hart vir die wat nie glo nie. Toe ons daar van hom af wegry, besef ek net hoe lekker dit is om weer in ‘n Christen omgewing en land te wees. Daar is niks so lekker om met mense op straat te gesels oor die liefde van Jesus nie, ons praat egter dieselfde taal. By Iron Bridge is ons noord na Chapleau, oor die 200km van niks anders as wildernis nie. Dis op hierdie pad waar ons gekamp het, en amper heeltemal opgevreet is deur die miskiette, mens, die goed het geen respek vir Peacefull Sleep of sulke goed nie, steek jou selfs op jou kopvel deur jou hare! Gelukkig kan ons hulle uit die tent hou terwyl ons slaap.
Daar is ook baie bordjies wat waarsku teen Moose in die nag. Nou ‘n Moose is ‘n grooter weergawe van ‘n Takbok, en ek is nie seker van die Afrikaanse naam nie, maar die goed is groot, soos ‘n Eland. Ons het gehoop om hulle te sien, maar geen geluk vir ons nie. Ons het wel ‘n groot wollerige Swart Beer gesien, Takbokke, Hase en soo aan. Die volgende dag het ons 800km gedoen tot by Thunder Bay, ons langste dag nog sedert Dubai. Die aand 12 uur het ons by die grenspos aangekom tussen Ontario, Kanada en Minisota, VSA. Wel, dit moes net ‘n leiding gewees het van die Heilige Gees, want die prosedure het ure geneem. Die feit dat ek ‘n Pakistan en Iran visa in my paspoort het, en ook nie ‘n vaste werk nie, was vir hulle ‘n kommerwekkende punt. Hulle het my redelik deeglik ondervra oor watse werk ek gedoen het (soos bomme bou of so?), wat ek gedoen het in Pakistan en Iran, en so aan. Toe word die bike deursoek sonder ons teenwoordigheid. Hulle het alles uitgepak en deurgegaan. Ons is al deur 23 lande, en dis die eerste keer dat ons deursoek was. Nie eens in New York was die bike deursoek nie, dit was seker maar net ons beurt. Ons is lank na middernag daar weg en slaap toe sommer langs die pad by ‘n piekniek plek, so 10km van die grenspos af. Die volgende oggend, of sal ek se later die oggend toe ons opstaan, toe sal ons eers die “geen kamp of oornag” bordjie sien. Welcome back to the USA!
23 Augustus 2008
Ons is nog aan die gang, en nog op die Alaska Highway. Die wereld is pragtig en wyd hier!Hier is geen selfoon opvangs met ons VSA of RSA foonnie. Die internet server laat my ook nie toe om enige e-posse te stuur nie. Hierdie is net ‘n kort possie om te se ons is nog veilig en honkiedories. (gestuur vanaf die internet) Vanaf Calgary het ons een aand net buite Jasper geslaap, die volgende dag deur Grande Praire deur gery en net buite Dawson Creek geslaap, die volgende dag net buite Nelson Creek geslaap, en die volgende dag (gisteraand) by Watson Lake geslaap. Dit reen meeste van die tyd, maar ons is lekker droog, danksy ons nice reen klere wat ons in Skotland gekoop het. Dit is egter so bietjie koud hier, meeste aande is dit onder 2 grade C en so 10 – 14 in die dag. Tussen Dawson Creek en Nelson Creek was dit 6 grade heel dag lank! Brrrrrrrrr. Ons is nou by Tesla, en beplan om vanaand by Whitehorse te slaap. Ons is nou amptelik bo die 60 grade lyn Noord, meer noord as wat ons al voorheen ooit was! Ons het nog ‘n uur vorentoe aangeskuif en is nou 9 ure voor jule. In Alaska sal ons nog ‘n uur aanskuif, so dan 10 ure verskil. Die GS loop nog bakgat en ons geniet onself gate uit! Lief vir julle en ons praat weer hopelik vanaf Fairbanks, Alaska.
24 Augustus 2008
Ek sit nou hier by ‘n kamp-tafel voor die rekenaar en dink wat ek vir julle daar by die huis kan skryf. Ek klink seker al soos ‘n plaat wat vasgehak het met baie van my e-pos briewe, want omtrent in almal se ek net hoe mooi die plekke is. Maar dit is so, elke land wat ons besoek is vir ons net mooi. Dit verbaas my egter hoe baie mooi plekke daar in die wereld is. Die VSA het ‘n baie besonders en unieke landskap, as ook kultuur, so ook Kanada. Al is die twee lande teen mekaar en op dieselfde vasteland, is hulle baie verskillend van mekaar. Albei is geseen met pragtige natuurskoon. Dis so lekker om in ‘n land te toer waar mense mooi kyk na hul omgewing en natuur. Die mense van die VSA en Kanada is baie natuur-bewus. Dis die een deel waar Afrika en die Midde Ooste baie te kort skiet. Ons is tans besig om die bekende Alaskan Highway te ry, ek bedoel nie nou nie, want op die oomblik tik ek op die rekenaar, en Charmaine is aan die kos maak vir aandete. Ons het al so 600km op die Alaska Highway gedoen. Jy ry nie die Alaska Highway in een dag nie, nee, sommer ‘n paar dae as jy ry soos ons. Vanaand se aandete is smash en ‘n blikkie ‘stew’, met Rooibostee. Dis nou 19:00 en die tempratuur is net onder die 10 grade. Die lewe op die pad is ‘n ander tiepe lewe, ‘n tiepe wat nie vir almal beskore is nie. Dit kos maar opoffering, en partykeer vasbyt, maar as ons so deur die Kanadese woud ry op een van die paaie waaroor ek al my lewe lank droom, dan gee ek nie om wat ek hoef op te offer nie, kom reen of sneeu, geniet sal ek hom geniet! So gepraat van reen, ons het die afgelope 2 dae in harde reen gery en ook gekamp, nie die lekkerste manier van kamp nie, maar dis maar die verloop van die lewe vir lang pad avontuur lustiges soos ons. En ja, die Alaska Highway is nie in Alaska nie, dis in Kanada, net ingeval jy gewonder het. Die pad is gebou deur die Amerikaanse weermag om troepe na Alaska te vervoer gedurende die koue oorlog met Rusland, meer hier oor op ‘n later stadium. Sedert Dubai is ons al 3 maande op die pad en aan die gang, en het al oor die 20,000km afgele. Ons boude het teen die tyd al die vorm van die GS se saal aangeneem, maar ons kla nie, want dit is wat ons ervaar op die manier wat ons dit doen sal jy nooit kan ervaar in ‘n paket vakansie of jou gewone wegbreek nie. Jy sien. . . . . ons toer met ons hart, en nie met ons verstand nie.
Alberta, Kanada
Die aand slaap ons in Calgary, en so ook die daaropvolgende 2 aande, net om so bietjie te rus en op te vang met agterstallige rekenaar werk. Ons het nie veel gesien in Calgary nie, maar dit wat ek gesien het kon maar net sowel Bloemfontein gewees het. Die twee lyk vir my dieselfde. (wys jou hoe baie ek van Bloemfontein af weet?) Maandag is ons weg by Calgary en het deur die Banf en Jasper Nationale Park gery. Die 2 parke is so 500km lank met pragtige bergagtige landskap. Ons het baie glasiers gesien en sommer naby een van hulle verby gery (Colombia Icefield). Twee dae later is ons by Dawson Creek, aka “Mile Zero” van die bekende Alaskan highway. Die naam Dawson creek sal dalk vir van julle bekend klink, daar was mos so soupie op die TV ‘n paar jaar terug. Ons is deur Dawson Creek en het so 50km buite die dorp by ‘n kampterein gekamp. Al hierdie kamp tereine in Kanada het Beer waar skuwings, so ons kamp maar versigtig en kom al die kamp reels noukerig na. Ek het al gesien watse amok maak ‘n bobejaan in ‘n kampterein, so is nie lus om met beer se kind te sukkel nie. Die Kanadese kamptereine is goed ingerig met bankies vir al die kamp areas. Die nadeel is dat daar nie storte is nie, want meeste mense kamp met RV’s of karavane met hul eie storte. By die een kampterein het ‘n egpaar ons oorgenooi om ontbyt saam met hulle te eet. Peter en Diane is van Edmington en het vir so week wegebreek in hul karavaan. Hulle gebruik die karavaan om in te woon in Arizona(VSA) vir die vier winter maande, waneer dit te koud is in Kanada. Die karavaan is geweldig luuks binne-in, en word gesleep met ‘n meneer van ‘n Dodge-bakkie. Dit hak aan soos ‘n vragmotor se sleepwa, en is amper ook net so groot. Binne in is ‘n hoofslaapkamer met dubbelbed en toilet, wasbak en stort. By die deur is die kombuis area met stoof, wasbak en sitplek vir vier. Langs die kombuis is ‘n leefarea met sitkamer-tiepe rusbanke (sleeper coach vir gaste) en ‘flatscreen’ TV ens Ja, ons sal noggals nie omgee om in een van hierdie karavane te bly nie, never mind ons ou 2-man tentjie! Ek sal julle in ‘n volgende e-pos meer vertel van ons werervaringe op die Alaskan Highway. Vir die gene wat meer van ons toer wil sien, moet na die vele mooi fotos gaan kyk op my profile op facebook, en ook die vele videos op youtube, ek het nog twee opgelaai (Queen Mary2 en New York), so gaan kyk gerus. Ons youtube username is jc4ever2. Groete en liefde vir almal by die huis. Dankie vir julle ondersteunende briewe en gebede aan ons.
28 Augustus 2008
Ons epos wil nog nie vanaf die rekenaar stuur nie, so hier is net so vinnige update vanaf Fairbanks. Ons het 2 aande hier geslaap, het ‘n nuwe agterband en nuwe voor rim op die bike gesit. Agterband was moeg en die voor rim gekraak, ek dink van die koue en al die knocks in Kenia destyds. Die voor wiel het stadig lug verloor deur die kraak. So die GS is nou weer tip top, of ons hoop maar so, sal maar daardie agter bearing dophou, so far so good. Ons ry more noord verby die Noordpool sirkel, of die Arctic circle, tot by Coldfoot, en die volgende dag na Deadhorse, langs Prudhoe Bay. Daar bly ons dalk 2 aande, en kom dan terug suid na Fairbanks, so 4 dae. Die weer voorspelling lyk goed, en hou duim vas dat ons die ‘Northern Lights kan sien, daarvoor moet ons ‘n wolklose nag he.
Dawson Creek to Fairbanks The Alaskan Highway
2 September 2008
Since the last email I sent, we have been experiencing the Lord’s greatness every day. At the moment I am sitting at a campsite in Fairbanks, Alaska. It is really chilly, only 4 degrees Celcius this morning and now it has warmed up to 9.7 degrees. The leaves on the trees are changing colour from green to yellow to orange and every now and then, one comes drifting down to the ground. Such a pretty sight. It is 11h20 and the birds have only just started to fly around and chirp, it must be the cold weather!! To recap what has happened – after Sturgis, we headed west through Wyoming – Cody, Yellow Stone National Park, Beartooth Mountain where we had our first experience at some real cold camping weather and then north into Montana – Bozeman and to the little town of Columbia Fall which is the southern entry to the Glacier National Park. We stayed with Howard and Barbara, CMA members, who spoilt us rotten not only with good meals but also with the food of the Lord by sharing wonderful testimonies. May the Lord continue to bless them for their generosity and hospitality. Barbara took us on a conducted tour through the Glacier National Park, stopping at all the good viewpoints with the most beautiful scenery. What a blessing. We finished off the day by having a late lunch of yummy soup and a huge chicken BBQ sandwich and huckleberry ice cream! We crossed back into Canada and spent 2 nights in Calgary where Johan made backups of our photos and we posted them home for safekeeping.
The route we travelled took us through Banff and Jasper National Park. The mountains in these two parks are snow-capped and have glaciers. Tourists can go for a ride in a 4×4 bus on the Colombia Ice-field, amazing. The campsites all have bear warnings, so we are very careful not to keep any food in the tent. Most of the campsites have specially designed metal food storage boxes placed away from the camping area. The garbage bins are also huge big metal things with a lid and catch that the bears cannot open. The first evening at one of these campsites was rather nerve-racking. We arrived late, pitched the tent and then I had to cook dinner. I tell you, I kept looking over my shoulder to see if a bear was following the smell of the food cooking. Johan kept laughing and could not believe that I was so nervous. Oh well, it was more worrying because of my lack of knowledge on bear behaviour than anything else. As Johan pointed out – none of the campsites are fenced in, so that would mean that the bears are not so much of a problem and more than likely they move away from the areas where we make noises. After speaking to some local campers, they assured us that the bears are not normally seen in the camp areas but on some occasions, they are seen on the hiking trails. Tee hee hee, now I can laugh at how nervous I was.
From Jasper we headed north to Grande Prairie, the road goes through pine and fur tree-covered hills as far as the eye can see, up, down, left and right, kilometre after kilometre after kilometre. The temperature was dropping all the time and it was raining on and off, not very interesting for the photographer – who had to keep the camera out of the rain! Slowly but surely we made our way to Dawson Creek – the beginning of the Alaskan Highway. We stopped and took the necessary picture at the Mile Zero marker; a new part of the adventure was just beginning. On one of the evenings, we camped at Tessa Provincial Park. Yet another beautifully laid out campground amongst the trees and next to a river. The lady that looks after the whole site for the summer said that there are black bears in the area but as it had been raining the bears would be higher up in the mountains and that the bike’s panniers would be okay to store food in. We reached another milestone in the journey by crossing the 60 degrees North line of latitude, this is the furthest north we have ever been!! We had also entered the Yukon area. The weather was getting colder and it seemed to rain most early mornings – which meant that the tent was never fully dry! But praise the Lord; it has always been dry when we set up the tent. For the first time after a couple of days we camped in an RV campground at Watson Lake – this meant HOT SHOWERS! Yippee, it was good to be fresh again. It rained again that evening but we were able to hang the tent up to dry on the veranda of the conference centre. We sat on the floor and had breakfast and were entertained by a very inquisitive little squirrel. He could smell the bread that had been in the panniers, so he was all over the GS then his nose found the whiff coming from the area where I was sitting making the sandwiches, yes he came right in front of me and was nudging at the plastic packet trying to get to the bread. It was wonderful to watch him so close but I did not let him get any food as he should not get used to humans giving him food!
As we were getting ready to pack the last few things I mentioned to Johan that he should check the tyre pressure as the front wheel looked a bit flat. On closer inspections, he discovered that it was not just a normal puncture but the air was leaking between the sidewall and the rim. This was a worrying factor – the rim had a crack! The rim did get a knock in it way back in Kenya, and now due to the extreme cold at night (below 0`C), the metal was finding its weak spots!! Johan phoned the closest BMW which was in Fairbanks Alaska and ordered a new rim for US$1090-00; so from there on we both kept a close eye on the front tyre pressure. The road and scenery were beautiful, and we cannot compare it to any other area. The Alaskan Highway sure was worth travelling on. We went through Whitehorse and camped at Fox Lake. Once again we left the campsite later than anticipated as we waited for the tent to dry off a little before packing it away. The tyre lost quite a bit of air during the night and Johan decided to use good old super glue on the problem area, he deflated the tyre, pushed it away from the rim at the crack while I put on the glue, then he pumped up the tyre – it stopped leaking! Hallelujah, thank you, Jesus. Fairbanks and the new rim was still 1000km away! The Lord blessed us with more wonders of His creation; the trees were starting to show the colours of autumn. Every now and then we would see a yellow tree amongst the mass of green trees. What an awesome sight. I did not know that two people could get so excited about seeing a yellow tree, but unbeknown to us the Lord had more surprises waiting for us, we arrived in the beautifully maintained and restored historical town of Dawson City. It is an old ‘gold rush’ town similar to Kimberley. Many of the town folk in the historical building are dressed in the fashion from early 1900. The income for the town is still gold mining, tourism in the summer and in the winter the Yukon Quest – the longest dog sledge race comes through the town (Whitehorse to Fairbanks)!
Once again we packed up in the rain and eventually left Dawson City by crossing the Yukon River on a ferry to do the ‘Top of the World Highway‘ to Tok. What an awesome road and the scenery was just breathtaking. Only our good Lord can create such an amazing site that can take your mind off the fact that you are travelling in conditions of 3’C down to 0’C, yes it was freezing and at the top of the highway, the snow was falling. Praise the Lord, what an experience! It is hard to describe the picture the Lord put in front of our eyes – picture the west coast when it is at its best with the fynbos wildflowers, colourful and spectacular – our view was not of flowers but of leaves. From green to yellow, to orange, to red, to browns and all the colours in between. The only flowers were little white ones and the odd purple ones next to the road, words do not give justice to the glory of God’s greatness in the picture He painted for us.
The first town we stopped in, in Alaska was Chicken! Yes, that is the name of the little town with a population of 8 and a three-legged dog. The miners that started the town could not pronounce or spell the local Sioux Indian name for a bird so they called the town Chicken. The town has a post office, souvenir shop with fuel, a pub and a restaurant. Oh, and the chicken poop, the long drop toilet! Well worth the stop for something warm to eat and drink. After warming up and filling the bike with fuel we headed down toward Tok. It was drizzling and cold but we found a really wonderful campsite called Thomson’s Eagles Claw Motorcycle Camp, yep they love bikers. And there were no RVs. The camp area is set up amongst spruce trees with a ground covering of the thickest softest moss carpet I have ever seen. There are little plants with berries, ferns, toadstools and mushrooms sticking up through the moss, a real children’s fairy tale picture (I kept thinking that I would see pixies and fairies). There is an area to pitch tents or you can stay in the teepee, the little tent-house or bunkhouse. Each has a place to relax outside with a flowering pot plant on the table, a woman’s touch I’m sure. They also set up a little gas stove under a shelter where we could heat water for washing. It was really chilly that evening and the next morning as we were heading out of town we saw the fresh layer of snow on the mountains. The scenery on the road north was still spectacular with the bright yellow and orange of the autumn colours changing the leaves of the trees. The air was really crisp all the way to Delta Junction which marks the end of the Alaskan Highway. We stopped at the visitors centre for a coffee and to take some photos of the GS at the highway marker. By the time we were ready to leave the sun had come out and we were warming up nicely. The next stop was the North Pole… and Santa’s house! This town is about 10 miles before Fairbanks and is a tourist attraction because someone clever put up a huge Santa’s House next to the highway. We went to have a look and were rather disappointed as it was not a ‘toy factory’ as we thought but a shop selling all sorts of Christmas decorations – and very expensive coffee! The only interesting thing was the real live reindeer in an enclosure outside.
We arrived mid-afternoon in Fairbanks in wonderful sunshine and went straight to BMW to see if the new rim had arrived. Thankfully it had arrived at lunchtime and we were also able to get a new back tyre. Another blessing is that the Chena Wayside campsite is only about 3km’s from BMW, so it was not too far to travel before we could set up camp for the evening. The next day we were blessed with another rain-free day. Johan and his assistant (me) could change the front tyre onto the new rim and put the new tire on the back rim – bush camp style. It was a great feeling knowing that the GS was back in good shape again for many more kilometres to come, thank you, Jesus.
Kitwanga
13 September 2008
We’ve stopped at Kitwanga for lunch, on our way to Prince George. Everything is cool and we are enjoying a nice sunshine day, the first since leaving Fairbanks! The road is great, the bike is great, the scenery is fantastic!
19 September 2008
We are safely on the outskirts of Vancouver. Done just under 1100km today!
Alaska na Vancouver
24 September 2008
Ons is terug in die VSA, die keer Washinton Staat. Ons het Kanada geweldig baie geniet, veral die provinsie British Colombia. Die motors se nommerplate heet: “Beautifull British Colombia”, en ons kan saam stem dat dit wel pragtig is, verseker die mooiste provinsie in Kanada wat ons gesien het. Terug na die VSA, toe ons die oggend by Tok (Alaska) weg is, was dit vrek koud, maar ons was teen 8:00 sterk op pad. Die grenspos prosedures tussen Alaska (VSA) en Yukon (Kanada) was eenvoudig, en het ons nie baie opgehou nie. Ek wou graag al die pad ry tot by Watson Lake, maar ons kon nie die 1000km in die koue in een dag af le nie. Na elke 150km het ons gestop by ‘n winkeltjie om koffie of iets warms te drink. Hierdie koffie stoppe duur gewoonlik so 45min tot 1 uur. So teen 18:00 se kant was ons eers by Whitehorse (halfpad) en besluit toe maar om eerder daar te oornag as om in die koue en donker aan te ploeter. Die aand toe sak die tempratuur weereens tot by vriespunt. Ons redelik ingerig om in meeste omstandighede te kamp, maar die koue temprature in die Yukon het ons so bietjie onkant gevang. Ons slaap in volle lengte klere, met ‘n ‘thermal blanket’ onder en bo ons. Die goeie ding van ons toer op die huidige stadium is dat ons Suid ry, en nader aan die Ewenaar kan dit mos net warmer raak. Die volgende oggend by Whitehorse terwyl ons kamp opslaan, raak ons buurman aan die gesels, en gee ons omtrent nie kans om op te pak nie. Alexander is ‘n Amerikaanse onderwyser wat na Kanada geimigreer het. Hy ken die area baie goed en het vir ons baie goeie raad gegee van die omgewing en kamptereine suid van Watson Lake. Soos baie ander Amerikaners met wie ons al te doen gekry het, word politiek ook later deel van die gesprek, en soos al die ander met wie ons gesels het, is hulle bekommerd oor die verkiesing wat voorle. Ons is eers laat die oggend weg by Whitehorse, en het goed tyd opgemaak op die redelike eentonige Alaskan Highway tussen Whitehorse en Watson Lake. Net voor Watson Lake het ons afgedraai vanaf die Alaskan Highway op die meer interesante Cassiar Highway, ‘n pad wat reguit suid loop deur pragtige berg-agtige terein. Dit was steeds koud, maar die pragtige terein waardeer ons gery het het ons gedagtes weg gehou vanaf die gedagte hoe koud dit was, of meskien het ons al meer die koue begin gewoond raak? Wat ook al, dit was wel koud en ook pragtig. Ons het een aand langs die pragtige Boya Lake gekamp, en die volgende dag gery tot by Mezidan Lake, waar ons 2 nagte deurgebring het. Daar het ons ‘n egpaar op fietse ontmoet, Harry (Holand) en sy vrou (Argentinie) ry hul fietse vanaf Prudhoe Bay na Usiua, en julle het gedink ons is braaf?
Ons het ingery na Stewart, en het die pragtige Bear Glasier gesien. Ons Suid Afrikaners is mos nie regtig Glasiers gewoond nie, en elke keer as ons een sien dan hang ons bekke behoorlik oop. Glasiers is regtig pragtig, en party van hulle het ‘n blou kleur. Enewil, die volgende dag het ons afgery tot by Smithers, waar ek die gerugte GS se agterwiel bearing voel grof word. “Ai”, dog ek by myself, “dis nou die laaste ding wat ons nodig het!” Teen die tyd dat jy voel die bearing raak grof, kan jy gelukkig wees om nog ‘n 100km af te le voor die ding heeltemal die gees sal gee. Sien, ek weet al, want dis die 3de keer dat dit gebeur! Gelukkig is Smithers ‘n groterige dorp met heelwat onderdele winkels, waar ek hopelik ‘n nuwe bearing sal kry. Ek trek toe af en stop by een van die motor-onderdele winkels, in die hoop dat hulle my bearing in vooraad sal he. Net toe ek in die winkel instap, stop daar ‘n ou met ‘n KLR en vra waar ons vandaan is, en al die ander vrae wat daarmee gepaart gaan. Nodeloos om te se, die onderdele plek het nie die bearing in vooraad nie, en om dinge aan te dik, is dit nog Saterdag namiddag ook, so om een te bestel sal moet wag tot Maandag.
Die ou met die KLR, Paul, nooi ons toe om by hom te kom oorbly. Hy bly in Houston (British Colombia), 60km suid van Smithers. Hy kon egter met ons simpatiseer, want sy GS se bearing het ook opgepak toe hy onder in Texas was met ‘n toer ‘n paar weke vantevore. Wel, die Here het natuurlik hierdie ontmoeting beplan, want Paul het nie net ‘n volle toegeruste werkswinkel by sy huis gehad nie, hy was ook ‘n tandaards. Ek was in nood vir ‘n tandaards. ‘n Maand tevore het ek my tant gebreek, en redelik baie pyn verduur met ons rit op na Alaska. Charmaine het selfs my tand op een geleentheid vasgeplak met superglue, maar dit het nie lank gehou nie, en die tand het weer gesplit op die kraak. Enewil, Paul en Gerrie (sy vrou) het ons geweldig gebless, en my tand-probleem uitgesorteer deur die tand te trek, geen onkoste. Dankie Paul. Die bearing het slegs 20,000km gedoen, darem beter as die vorige een wat in Engeland gebreek het(10,000km), maar nie nastenby goed genoeg vir my nie. Die 1150GS is bekend om gou deur agterwiel bearings te gaan. BMW het nie regtig raad nie, en op al die GS forums op die internet wara-wara almal net oor die bearing storie, met geen maklike oplossing vir die probleem nie, ek glo dis net ‘n swak ontwerp. Die GS is nie regtig ontwerp of bedoel om swaar gewig te dra nie. Ek het besluit om nie weer ‘n Duitse FAG bearing in te sit wat BMW aan jou verkoop nie, en het ‘n Japanese NSK bearing (85 x120 x18) bestel en ingestaleer, so ons sal maar sien of die NSK beter sal vaar as die FAG. Ek het egter verder navorsing gedoen en gaan vorentoe op die toer ‘n ekperementele bearing instaleer, maar sal vir eers die inligting vir myself hou en indien dit werk met julle GS manne meedeel, so “watch this space”
Donderdag, 18de Sep, is ons die oggend 7:30 weg vanaf Paul se huis in Houston. Vir die volgende 200km was die tempratuur onder 5 gradeC, koud. Ons was egter vasberade om te ry tot by Vancouver, en het onself geforseer om aan te stoot en nie lank te spandeer by die stoppe nie. So 400km voor (noord) Vancouver het ons deur ‘n area gery (Cache Creek) wat identies soos die Klein Karoo gelyk het. Dit was amper ‘n kultuurskok om so ‘n terein in Kanada te sien. Die bossies was klein, en die area bruin en droog, amazing! Ja, British Colombia is waarlik ‘n besonderse provinsie met ‘n groot verskyndenheid van natuur en vriendelike mense. Interesant genoeg, oorals waar ons aan die gesels raak met mense, se hulle dat hulle dokter is ‘n Suid Afrikaner. Ek hoop regtig nie dat al ons dokters hierheen getrek het nie, anders sal ons maar sukkel daar by die huis. Ek glo wel dat dokters ‘n fantastiese lewe kan lei in Kanada, so ek neem hulle nie kwalik nie. As jy met die koue winter weer kan klaarkom, lyk dit na ‘n goeie land om in te woon. Paaie is goed, mense is vriendelik en eerlik, die natuur is pragtig en die lewe is net lekker gemaklik, hoekom nie? Die aand 19:30 trek ons in by die buitewyke van Vancouver, 1100km vir die dag, nie sleg nie. Dit was donker, so ons het eers die volgende oggend gesien hoe pragtig die kampterein werklik is waar ons gebly het. Woorde kan dit nie regtig beskryf nie, maar dit lyk omtrent soos ‘n sprokies prent omgewing. Ons het 2 aande daar deurgebring, en die dag in die stad ingery na die BMW agentskap om ‘n nuwe vonkprop draad vir die GS aan te skaf. By die agentskap op die vertoonvenster let ek ‘n GS800 met ‘n CEY nommerplaat op, ja, ‘n Suid Afrikaanse nommerplaat in Vancouver! Na ek die verkoopsman gevra het, vind ek uit dit behoort aan ‘n Kanadese ou wat met sy KTM in Suider Afrika gaan toer het, en terugekom het met ‘n nuwe GS800, want die KTM het gebreek en hulle kon dit nie regmaak nie. Wel, met al sy nukke is die BMW nog steeds die beste keuse vir enige lang afstand toer, los maar die KTM’s vir Alfie en die Dakar Manne.