Otavalo, Ecuador
17 March 2009
Wow, what a fantastic border crossing we had. A quick stamp out of Colombia for the two of us and the GS, then on the Ecuador side customs stamps the GS Carnet and we got stamped in at immigration. I think what helps a lot is that our understanding of Spanish has improved, so we can answer questions much easier. Praise the Lord. The road conditions are also much better and wider than Colombia, so we made good time and came all the way to Otavalo. We will spend 2 nights here and plan to visit the local Inca Indian market tomorrow.
Quito
19 March 2009
We’re off to Quito today. Had a great time in Otavalo, it is a very nice quite town, something we never experienced in Colombia, where towns are noisy. Today we will also cross the equator for the second time (first time was in Kenya to be back in the southern hemisphere.
We are back in the Southern Hemisphere and now officially round the world travellers. Five continents and have crossed the equator twice. Heading for Alausi.
Bogota na Otavalo
22 Maart 2009
Ons het ondervind dat Colombia ‘n land van verskeidenheid is, hoogtepunte as ook laagtepunte, letterlik en figuurlik. Die deel wat ons deur gery het is geweldig bergagtig, en die pad kronkel behoorlik sy weg teen die steil hellings van die Andes bergreeks. Dis verbasend om te sien waar mense landerye en huise ontwikkel het. Meeste van die landerye en huise is nie toegangbaar met ‘n voertuig nie, slegs per voet of donkie/perd. Die lewe in hierdie gedeeltes is steeds eenvoudig en primatief. Ons ligame, as ook die GS, was op die uiterste beproef om gedurig in hoogte en tempratuur te wissel, vanaf 12-14grade C en oor die 3000m hoog af na onder 600m en 32 grade C, dan weer op na 3000m (en 14gradeC) en af na 600m. Die proses was herhaal vir ek weet nie hoeveel keer die laaste 3 dae se ry vanaf Bogota na die grens in die suide nie. Die GS het dit hanteer asof dit normaal was, my gestel het egter nie so goed gevaar nie, sit nou met ‘n verkoue en seer keel, seker maar die gedurige tempratuursverandering. Die padoppervak het ook gewissel van perfekte teerpad wat doenbaar is met ‘n MotoGP bike tot slegte slagate en verspoelings waar jy omtrent ‘n MotoX bike nodig het. Dit verander ook in ‘n oogwink. Ek het dit geweldig baie beniet, het vir 3 dae omtrent nie in 6de rat gekom nie. Die Andes in Suid Colombia laat ook die Alpe mak lyk, never mind die Drakensberge. Dis nie verniet die grootste bergreeks in die wereld nie.
Net soos die landskap, bied die mense ook ‘n verskeidenheid. In die laagliggende gebiede het ons heelwat swartmense gesien, en in die berge geen. Ek vind toe later uit dat die swartmense in die omgewing is afstammelinge van Afrika slawe wat hierheen gebring is om in die suikerriet plantasies te werk. Interesant dat hulle nasate steeds in die warm lae gebiede bly. Ek het nie ‘n verklaring hiervoor nie, was maar net ‘n opmerking wat ons gemaak het. In die koloniale dorpies van Popayan en Posti het ons opgemerk dat die mense, en veral vroue, baie mode-bewus is. Die winkeltjies in die dorpe bestaan hoofsaaklik net uit mode verwante winkels en ander vel, nael en haar versorgings besighede. Die koloniale dorpies is soort van oulik, maar steek baie af teen soortgelyke dorpe in Mexico. In Posti het ons gesoek vir ‘n bank om geld te ruil, en oorals waar ons stop drom die mense saam om die bike. Hulle vergaap hulle behoorlik aan ons en die motorfiets. Ek het nog nooit so ongemaklik gevoel nie, en wou net uit die dorp kom en so vinnig moontlik ook. Die eerste ding wat mense wil weet is hoeveel die bike kos. Ek is nou al redelik moeg vir daardie vraag, en elke keer gee ek ‘n ander antwoord om hul reaksie te sien. $2,000 of $20,000 kry dieselfde reaksie, so ek is nie seker of hulle my in die eerste plek verstaan nie. Die joys van toer in vreemde lande. Kosgewys het ons Colombia baie geniet, die tradisionele midagete, wat die hoofmaaltyd is, bestaan omtrent altyd uit ‘n smaaklike sop, rys en vleis van jou keuse. Ons het maar altyd die hoender gevat, aangesien hulle bees en varkleis kan verkoop aan die Bridgetone fabriek, so taai is dit.
Die grenspos tussen Colombia en Ecuador was die vlotste wat ons teegekom het in ‘n baie lang tyd. Binne ‘n paar minute is ons deur albei poste en op die pad in Ecuador. Dadelik tref Ecuador ons as ‘n baie ryker land as Colombia, Die pad loop deur dieselfde bergagtige terein as in Colombia, maar ek ry my 90-100km/h aaneen, ‘n spoed wat ek omtrent nooit by uitgekom het in Colombia nie. Die dorpe, asook die voertuie hier is in baie beter toestand. Met ons grensoorgang het ons glad nie ‘n idee gehad watter geld-eenheid Ecuador gebruik nie, en soos oudergewoonte stop ons by die eerste bank om geld te ruil. Na ‘n lang gewag in die ry wil hulle wil nie my oorige Colombia Pesos he nie, en verstaan nie hoekom ek US$ wil ruil nie. Toe sal ek uitvind hulle gebruik US$! So leer mens maar. .