7 December 2008
We are in Huntsville, Texas with Henry and Sandra……cousin of John from Alaska. Going to church and will be back late in the afternoon.
9 December 2008
Heading for Houston today. Will stay the night, then go to Wimberley to stay with CMA’ers Donna and Bruce who will go with us to Mexico.
13 December 2008
Ons tydjie is nou min in die VSA, maar ons sien geweldig baie uit na Mexico en die ander Sentraal Amerikaanse lande. Die bike loop nou vir die eerste keer in ‘n lang tyd 100%! Prys die Here vir dit. Die nuwe ‘Throttle Bodies’ maak ‘n groot verskil en die bike is weer ‘smooth’ met die wegtrek en stadige verkeer-ry. Die buste op die as wat die ‘butterfly’ werk was uitgewerk, en laat dan onegalige lug deur, wat veroorsaak dat die bike ‘ruk en pluk’ onder 3000 RPM. Het gestir die olie afgetap van die dif, en na 9000km is die olie 100% skoon, met niks metaal in nie. Die vorige bearings het metaal skaafsels in gehad op dieselfde afstand. Ek reken dit sal nog so 8,000 – 10,000 km wees tot in Panama, waar ek weer die bike sal diens en nuwe buitebande opsit. Dan seker nog so 20,000km vanaf Colombia na Ushuaia (Argentinie).
Ons is nog nie seker van ons presiese roete in Suid Amerika nie, dit sal afhang van waar ons die beste deal kry om die bike te verskeep na Australie.
15 December 2008
Stayed in Sanderson last night, Temp 0.6’C. Heading for Big Bend National Park. Will stay at Chisos Mining Company Motel in Terlinggua. Going into Mexico on Tuesday 16 December 2008.
16 December 2008
Leaving Study Butte, heading for border town of Presido.
Miami to Presido
19 December 2008
Die Everglades was nog altyd op my lysie van plekke om te besoek in die VSA, en die park het ons nie teleur gestel nie. Die enigste nadeel van die park is die muskiete wat sonder ophou lastig is, maar nou ja, dis nou maar deel van die paket. Die Everglades is ‘n geweldige groot Park in die Suid Weste van Florida, en mens moet eintlik een van daardie wind-propeller plat-bodem bote he om ‘n groot deel van die park te verken. Maar ongelukkig is hierdie boot-ritte ‘n groot aantreking vir toeriste en die pryse nie in ons begroting nie. Ons het wel baie gesien van die pad se kant af. ‘n Groot deel van die park bestaan uit grasland wat in stadig-lopende water groei. Daar is ‘n paar ‘eilande’ in die moeras-agtige terein wat bekend staan as ‘Hamock’s, met regte oerwoud agtige plante wat daar groei. Die Everglades is ook die enigste area in die wereld waar die Krokedil en ‘Aligator’ tesame voorkom. Die Aligator lyk baie soos die krokedil, maar sy bek is meer plat en dit wil voorkom of hulle nie so agresief is soos ons krokidille in Suid Afrika nie, want mens kan nogals naby hulle kom. Aan die Noordekant van die park loop ‘n pad wat heet “Aligator Alley”, en eg aan sy naam het ons honderde ‘aligators’ in die kanaal langs die pad gesien. Meeste was aan die klein kant (1-2m), maar daar was paar menere van 4m en langer ook.
Ons het al met die Weskus van Florida terug gery na New Orleans, waar ons gehoop het om ons visa vir Panama op te tel. Die tempratuur in die noorde van Florida en Louisiana was verbasend koud, en die nagte het tot by friesput gedaal. Gelukkig was ons geseen met verblyf by CMA friende by meeste plekke. Dit was net te koud en reenerig om ‘n kampie te geniet. Terug in die pragtige New Orleans by die Panama Embesade moes ons aanhoor dat ons visa nog nie reg is nie (na 35 dae!), en dalk eers in Januarie sal reg wees. Dis toe dat ons besluit het om maar aan te stoot. In New Orleans het ons by Carl en Cindy gebly. Hulle vertel ons toe van ‘n CMA kersfees partytjie in Baton Rouge, en nooi ons toe saam. Die partytjie was laat in die aand en ons het behoorlik gevries op pad soosntoe, en by die partydjie bied Martin en Kay vir ons slaapplek vir die aand aan. Ons was tog te bly en dit met graagte aanvaar. Toe ons by hul huis kom, laat hulle ons in hul kamer en bed slaap, terwyl hulle in die sitkamer slaap! Hulle was wonderlike mense en ons het eers laat die volgende oggend by hulle wegekom, want nog CMA’ers van die omgewing het kom halo se.
Dis een ding wat ons geleer het van die CMA hier in die VSA, die mense se harte is van goud en hul gesindheid baie nederig. Ons in Suid Afrika kan baie leer van hulle. . . . . . .Van Baton Rouge (Louisiana) af het ons maar op die groot Interstate gery, want die weer was net te koud om te ‘explore’, en daar was erge storms op pad na daardie area. Nog ‘n ding wat ons geleer het hier in die VSA, is dat hulle storms van ‘n ander klas is as wat ons ken. Hulle storms verniel alles wat in die pad kom, en die reen is harder as wat ek al ooit in my lewe ervaar het, dit laat die Kaapse winterreen na ‘n ‘drizzle’ lyk. So 4 dae na ons weg is uit Louisiana, was daar Tornados deur die gebied wat ons gery het wat geboue vernietig het, ‘n ander lewe die.
Ons laaste staat in die VSA was Texas. Hulle se jou eerste indrukke van ‘n plek is blywend, ek hoop nie so nie, want ons eerste indrukke van Texas was alles behalwe wat ek verwag het. Die Ooste is maar bra lelik, en ek soek nou nog die Cowboys wat ek gedog het hulle het in Texas. Ons het 4 lekker dae saam met Henry en Sandra op hul wildsplaas naby Huntsville gebly. Henry het ons al sy interesante bokke gaan wys, ek kan nie eens meer die name onthou nie. Hy het ook volbloed resiesperde waarmee hy teel. Daar was ‘n paar pragtige perde, alhoewel ek net ken van die ‘ysterperd’. Van hulle af was ons na Houston om ‘n onderdeel vir die GS op te tel. Ons was glad nie beindruk met Houston nie, en het ook weens storm waarskuwings besluit om spore te maak na die weste. Dis toe dat ons die mooi deel van Texas te sienne kry. Die area wes van San Antonio is egte Afrika bosveld, en staan bekend as die Texas Hill Country. Ons het by die pragtige dorpie van Wimberley gebly by Bruce en Donna se familie, Joseph en Cherrel. Bruce en Donna is afgetrede mense en ook deel van CMA. Hulle het ons vergesel van Wimberley af tot in Mexiko. Joseph (die mense by wie ons gebly het) is ‘n langpad entosias met vele Ironbutt toekenings agter sy naam. Hy ry ‘n 1300 Honda ST en het al van Prudoe Bay af tot by Key West gery in 11 dae (6000plus myl). Ek kon sy motorfiets werkswinkel gebruik om die GS te diens en die agter ewenaar (dif) weer na te gaan. Na 10,000km met die modifikasie is alles nog in orde in die ewenaar. Die GS loop nou weer soos toe hy nuut was, en met slegs 140,000km op die klok, hoop ek om nog baie jare en kilos met hom die wereld te verken.
Die pad en omgewing wes vanaf Wimberley is pragtig. Die ‘bosveld’ bos het plek gemaak vir Karoo-agtige vlaktes. Soos ek gese het, het Bruce en Donna by ons aangesluit met hul Harley Davidson. Ons het die eerste aand geslaap in Sanderson, ‘n interesante stowwerige dorpie wat my aan Sutherland of Fraserburg laat herinner het. Vanaf Sanderson is ons na die Big Bend Nasionale Park, ‘n bergagtige park teen die grens van Mexico. Big Bend was mooi, maar ons het nie te lank daar rondgehang nie, want Mexico het sterk geroep. Die volgende oggend toe ons oppak om ons laaste pad in die VSA te ry, vertel ons ‘buurman’ ons dat daardie pad wat ons beplan om te ry die mooiste deel van Texas is. Hy was nie verkeerd nie, want die pad tussen Study Butte en Presidio loop langs die rivier (wat die grens maak) wat sy weg deur die berge kloof en kronkel. Die uitsigte het ons bekke laat oophang, en ons kon Texas verlaat met die mooiste deel en goeie herineringe vars in ons gehue, en die lelike ooste deel van die ‘verre verlede’