{"id":301,"date":"2008-07-08T08:00:39","date_gmt":"2008-07-08T08:00:39","guid":{"rendered":"https:\/\/jc4ever.co.za\/?p=301"},"modified":"2022-03-16T08:25:03","modified_gmt":"2022-03-16T08:25:03","slug":"united-kingdom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jc4ever.co.za\/?p=301","title":{"rendered":"United Kingdom"},"content":{"rendered":"<h2>8 July 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Just to let you all know, we are enjoying travelling\u00a0through\u00a0the UK at the moment.\u00a0From Switzerland, we drove through the Black Forest Area in South-Western Germany, where we stayed near Freiburg. The next day we drove 750km through beautiful French countryside all the way to Koksijde in Belgium, where we stayed\u00a0for two nights. On the 2nd\u00a0July, we crossed\u00a0the English Channel to Dover, and\u00a0we were well received and hosted by Paul and Dawn, the local CMA members in Dover.\u00a0The next day we drove north (550km) to Derby. This was not such a nice ride, as there were lots and lots of cars on the freeway and no time to see much scenery.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-688\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-approaching-white-Cliffs-of-Dover.jpeg\" alt=\"\" width=\"417\" height=\"315\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-approaching-white-Cliffs-of-Dover.jpeg 417w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-approaching-white-Cliffs-of-Dover-300x227.jpeg 300w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-approaching-white-Cliffs-of-Dover-397x300.jpeg 397w\" sizes=\"auto, (max-width: 417px) 100vw, 417px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>At Derby, we attended the <a href=\"http:\/\/www.horizonsunlimited.com\">Horizons Unlimited Motorcycle Meeting<\/a>. About 100km before Derby I felt the rear wheel bearing was starting to give in, and it just lasted to the rally site, the perfect place to break down!\u00a0We had the bearing\u00a0replaced during the weekend, and\u00a0GS is\u00a0fine now, the last bearing did not last long at all, as it was replaced back in Dubai, only 11,000km back.\u00a0The rally was fantastic, and the weather\u00a0was\u00a0not bad at all. We had two slots in\u00a0between the other\u00a030 odd presenters to show our pictures and share our journey experience.\u00a0The slide show was\u00a0very well received and we met plenty of new friends.\u00a0Sunday the 6th of July we drove further north to Glasgow, most of the day in\u00a0the rain. The scenery changed and\u00a0the countryside in northern England is stunning.<\/p>\n<p>In\u00a0Glasgow, we wasted some time looking for bike shops that sell rain gear but did not find any that suited our budget. From there we drove to the west coast side to a town called Oban. In Oban, we were looking for an affordable B&amp;B, but most were either full or too expensive. At the one B&amp;B while I was waiting for Charmaine to return back to the bike a guy on the street asked me where is ZA\u00a0was from (The bike registration). I said South Africa, and we got talking a bit and then he invited us to stay with him, this is where we are now. The best part is that he lives in a World War 2 lookout\u00a0Tower on a hill that overlooks the Loch and Oban Harbour. It is amazing how the Lord helps you meet these interesting people on the way.\u00a0Today we will head further north on the west coast and should be at Aberdeen tomorrow night. Scotland is stunning, and the roads are perfect for biking. In Aberdeen, we will stay with Dave and Dorothy, and give the bike some much-needed attention and service, as it was 11,000km since it saw a spanner. (Apart from the bearing break down), and it was cleaned last in Turkey!\u00a0Well guys, thank you for all your prayers and encouraging emails to us.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-683\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Loch-View-from-lookout-tower-Oban-.jpeg\" alt=\"\" width=\"432\" height=\"124\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Loch-View-from-lookout-tower-Oban-.jpeg 432w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Loch-View-from-lookout-tower-Oban--300x86.jpeg 300w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Loch-View-from-lookout-tower-Oban--421x121.jpeg 421w\" sizes=\"auto, (max-width: 432px) 100vw, 432px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>8 July 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons is veilig in skotland, en geniet dit baie hier. Ons is by &#8216;n dorpie met die naam van Oban, op die weskus. Vandag ry ons verder noord, slaap iewers en sal die volgende dag by Aberdeen wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>12 Julie 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons is by Aberdeen, net so oor die 40,000km vanaf Kaapstad (12,000km vanaf Dubai) en die Aberdeen wat ek van praat is in die noorde van Skotland, nie in die Karoo nie. Sedert ons laaste epos het ons heelwat kilometers afgele, en heelwat interesante stories om te vertel. Ek sal op &#8216;n later stadium meer vertel oor ons rit deur Switserland, Duitsland, Frankryk en Belgie. Aangesien Engeland en Skotland vars in my gehue is, wil ek julle graag eers die deel dek.\u00a0Laas week Woensdag het ons vanaf Calais met die ferrie oorgekom na Engeland by Dover. By Dover het Paul ons kom haal,\u00a0waar ons oorgebly het. Paul is deel van die plaaslike CMA (Christian Motorcycle Asosiation) in Dover, en het ons met ope arms ontvang. Paul en Dawn is uit en uit bikers, besit nie eens &#8216;n kar nie. Hy ry &#8216;n Valcan, Dawn &#8216;n Virago en hul dogter &#8216;n 125 Rebel. Ons het die aand tot laat gesit en kuier. Dit was lekker om weer in Engelse geselskap te wees, aangesien kominikasie in Engels in die ander Europese lande\u00a0 nie so spontaan is\u00a0soos in Engeland nie\u00a0Die volgende oggend het Paul ons\u00a0op die regte pad gesit om verder noord te ry na Derby. Dit was die eerste keer sedert Kenia dat ons weer aan die linkerkant van die pad moes ry, en het sommer gou tuis gevoel op die paaie. Die probleem was egter dat die paaie verskriklik besig was, en daar was nie baie geleentheid vir rondkyk nie, nie dat daar baie was om te sien langs die 3-laan snelweg nie. Die plan was om so ver as moontlik weg te bly van London, om die druk verkeer te mis, maar die M25 was baie besig en het my laat herinner aan die paaie in Dubai, vol karre.\u00a0Ons eind bestemming vir daardie dag was Derby, waar ons die Horizons Unlimited Motorcycle Meeting bygewoon het. So 100km voor Derby het ons gestop en kos gekoop by Tesco, die plaaslike supermark soortgelyk aan ons Pick &#8216;n Pay&#8217;s by die huis. Met die ry in die parkeerarea voel ek die agter wiel laer (bearing) voel so bietjie grof. Ek het dadelik geweet wat dit was, aangesien ek 3 jaar terug in die middel van Oman ook daardie gevoel gahad het, net voor die\u00a0bearing heeltemal opgepak het. Ek het net gebid en die Here gevra dat die ding moet hou tot by die rally, want daar sal ek dit veel maklikter\u00a0kan uitsorteer. Dit was toe ook so, toe ons by die rally kampterein inry, toe raas die bearing sommer lekker. Nadat ons die tent opgeslaan het, het ek die ewenaar (dif) gestrip, en die rat met die bearing uitgehaal. \u00a0Met die spul is ek toe na Glyn, die hoof organiseerder van die byeenkoms. Hy doen toe so bietjie navraag en vind toe uit\u00a0dat daar wel &#8216;n ou op die terein is met 2 spaar bearings, en hy sal dit vir my opsit. Die ou met die bearing se naam is Bill, en hy\u00a0besit &#8216;n besigheid met die naam van Moto-Morocco, reel bike toere na Morocco,\u00a0en ry altyd met spaar bearings vir die GS&#8217;e. (Wat se dit vir jou?)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-301 gallery-columns-2 gallery-size-full'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-with-Bearing.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"309\" height=\"229\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-with-Bearing.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-with-Bearing.jpeg 309w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-with-Bearing-300x222.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 309px) 100vw, 309px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Backyard-Mechanic-.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"306\" height=\"232\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Backyard-Mechanic-.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Backyard-Mechanic-.jpeg 306w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Backyard-Mechanic--300x227.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 306px) 100vw, 306px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Horizons Unlimited Meeting is soos die Engelsman sal se, &#8216;n Rally met &#8216;n difference. Daar was 500 bikers, almal met dieselfde passie, langafstand avontuur ritte met hul motorfietse. Daar was heelwat ouens wat al wyd en suid getoer het, selfs party wat om die wereld\u00a0was. Daar was motorfietse van alle vervaardigers, Africa Twins, KTM&#8217;s, ou en nuwe GS&#8217;e, Tenerre&#8217;s en so meer. Omtrent almal wat ons daar ontmoet het, was baie vriendelik en het goeie stories om te vertel. Die organisasie van die byeenkoms was uit die boekke, daar was stalletjies wat toer toeristing verkoop het, &#8216;n resturant wat kos gemaak het en warm, skoon storte dwarsdeur die naweek. Om die mense besig te hou, was daar regdeur die naweek in 3 verskillende kamers foto-aanbiedings en praatjies gehou van mense se toer ondervindings en ook raad van die pro&#8217;s aan degene wat nuut is in die\u00a0&#8216;Adventure Biking&#8217;. Ons het by 2 geleenthede ons fotos en toer ondervinding gedeel. Daar was &#8216;n &#8216;Bonfire&#8217; reg deur die naweek wat\u00a0aanhoudend gebrand het, en so af en toe het daar &#8216;n ou die kitaar geslaan en gesing. Die\u00a0Saterdag het dit meeste van die dag gereen, maar dit het glad nie &#8216;n demper op die rally\u00a0gees gesit nie, mens kon egter sien die locals is die soort van weer gewoont.\u00a0Naby die Bonfire was daar &#8216;n kombuis-tent wat mense gewys het hoe om &#8216;road-kill&#8217; te slag en gaar te maak, en jy kon selfs daarvan proe en eet. Die\u00a0&#8216;road kill&#8217; het alles ingesluit vanaf eekhoring, haas, tortelduif en so aan. Nie sleg gewees nie, en ek kan bevestig dat haas en eekhoring soortgelyk is in smaak, en proe amper soos kalkoen vleis.\u00a0Vrydag het Bill my bearing probeer vervang, maar vir een of ander rede het die nuwe bearing wat hy opgesit het stram getrek, en hy moes die weer afhaal. Dis waar die probleem begin het. Sonder die regte toeristing is dit &#8216;n baie moeilike taak, en na vele ure se gespook moes hy tou opgooi. Ek kan nou ook bevestig dat &#8216;n GS se agterwiel bearing is nie &#8216;n ding wat jy maklik langs die pad kan vervang nie. Dit kos my toe die volgende dag na BMW gaan, en 2 nuwe bearings koop. Ongelukkig kon hulle dit nie vervang nie, maar gelukkig kon Glyn se vriend dit vir my doen in sy goed toegeruste werkswinkel, en teen saterdagaand was die bike weer in een stuk, reg vir die pad.<\/p>\n<p>Sondag oggend het ons vroeg opgestaan en opgepak, ook maar goed, want toe ons klaar opgepak was, het dit begin reen. Ons het al ons nuwe vriende gegroet en in die pad geval. 10km vanaf die kampterein, op &#8216;n snelweg voel ek &#8216;n vibrasie op die agterwiel. Dadelik dog ek wat is dit dan nou weer met die bearing. Maar die vibrasie raak toe vinnig baie erger en ek slaan ankers aan en stop langs die pad. Die agterwiel het losgekom, en al 4 wielboude was half uitgedraai. Dis toe dat ek myself teen die kop kap met my vuis en besef dat ek\u00a0die wiel boude net met my vingers\u00a0vasgedraai het toe ek die wiel terug gesit het, en\u00a0vergeet het om die wiel\u00a0goed vas te draai met die moersleutel (spanner) toe ek klaar was. Wat &#8216;n bobejaan! Dit kon &#8216;n groot fout gewees het, maar dank die Here ons kon in tyd stop sonder enige probleem. Ek draai toe maar net die boude vas en ry toe verder, sal maar die skade inspekteur as ons by Dave kom in Aberdeen.\u00a0Die pad en omgewing noord van Derby raak baie mooi, en ons het die 550km tot by Glasgow \u00a0baie geniet, ten spyte van die reen. By Glasgow het ons na vele gesoek &#8216;n bekostigbare B&amp;B gekry, en ingeboek. Die volgende oggend is ons die stad in op soek na ordentlike reen klere. Een van die winkels wat ons besoek het was Hein Gerike, met alle soorte bike klere wat jy aan kan dink, maar met &#8216;n heuwige prys. Ons het toe maar besluit om die kans te vat en die reenkleure te los, aangesien die weer voorspelling goed was vir die volgende paar dae. Met die tydmors op soek na bike winkels, is ons eers na 1 uit Glasgow. Van Glasgow af het ons al met die weskus langs noord gery. Die pad en omgewing is prentjiemooi, presies wat ons verwag het van Skotland. Die natuurskoon is baie uniek, en nie vergelykbaar met enige ander terein wat ek al gesien het nie. Die pad oppervlakte is nie so egalig en glad soos in die Alpe nie, maar net so vol draaie en swaaie.\u00a0Die\u00a0middag laat ry ons by Oban in, en begin soek vir &#8216;n B&amp;B, maar hulle almal of vol of te duur. Ons verkies egter die B&amp;B opsie, want dis so bietjie koud en onvoorspelbaar vir tent. Gelukkig is daar vele B&amp;B&#8217;s om van te kies en ons ry maar van die een na die ander, ek stop by die hek, Charmaine klim af en gaan vra prys en beskikbaarheid terwyl ek by die bike wag, en so herhaal ons die siklus. Die mense in Skotland is oor die algemeen baie vriendelik en hou nogals van gesels, baie meer as in die res van Europa. Terwyl Charmaine by die een B&amp;B in is om te sien of hulle &#8216;n kamer oop het, stap daar &#8216;n ou by my verby met &#8216;n fiets en vra in sy pragtige Skotse aksent;&#8221;\u00a0Excuse me, where is ZA from, I&#8217;ve never seen that before?&#8221; Ek weet toe hy verwys na my nommer plaat regestrasie, en ek se hom toe ons is van Suid Afrika. Sy oe rek toe en vra waar ons die aand gaan oorbly.\u00a0&#8220;<em>I do not know yet, as we are still looking for a place<\/em>&#8221; antwoord ek hom. \u00a0&#8220;<em>Come stay with me, for free<\/em>&#8221;\u00a0se hy;\u00a0&#8220;<em>I live in\u00a0an old watch tower on a hill 15 mins walk from here down this road, you are very welcome<\/em>&#8220;.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id='gallery-2' class='gallery galleryid-301 gallery-columns-2 gallery-size-full'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon portrait'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Foxgloves-all-over-Western-Scotland-.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"126\" height=\"162\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Foxgloves-all-over-Western-Scotland-.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-North-west-of-Glasgow-.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"311\" height=\"230\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-North-west-of-Glasgow-.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-North-west-of-Glasgow-.jpeg 311w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-North-west-of-Glasgow--300x222.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 311px) 100vw, 311px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek het nie eens twee keer gedink nie en dadelik sy uitnodiging aanvaar. Toe Charmaine terug kom van die B&amp;B, deel sy met my hoe mooi die kamers is, met &#8216;n see uitsig,\u00a0en die prys pas ons begroting, en hulle het gratis internet (dis gewoonlik &#8216;n groot aantrekking vir ons). &#8220;Nee&#8221; se ek:&#8221;Ons bly nie hier nie, die Here het ons &#8216;n ander blyplek gegee&#8221; Natuurlik was sy baie verbaas, maar klim toe maar ewe gedwee op die bike en vertrou my vinnige besluitneming. Die vriendelike Skotsman se naam is Leo, en hy bly waarlik in &#8216;n uitkyktoring wat gebou was in die\u00a02de wereld oorlog. Soos mens sal verwag van &#8216;n uitkyktoring, kyk dit uit oor die hele baai en omgewing. Ou Leo bly op sy eie daar, en is egter nie van die netjiese soort nie. Die binnekant van die huisie lyk of dit deur &#8216;n orkaan getref is, maar die uitsig buite maak meer as op vir wat binne aangaan. Om alles te kroon, gee hy ons toe sy beste kamer om in te slaap, op die boonste verdieping, met &#8216;n uitsig oor die Loch (baai) wat ek moeilik sal kan beskryf. Leo leef &#8216;n baie eenvoudige lewe, ry sy paneelwa met ou kookolie (Maak sy eie BioDiesel), maar geniet die lewe en is baie gelukkig waar hy is. Sy huis is oop vir enigeeen wat by hom wil kom oorbly, en hy het al baie backpackers vir gratis gehuisves.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id='gallery-3' class='gallery galleryid-301 gallery-columns-3 gallery-size-full'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Leo-Johan-Oban.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"227\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Leo-Johan-Oban.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Road-west-towards-Island-Skype.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"301\" height=\"220\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Road-west-towards-Island-Skype.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-picnic-on-road-to-Skype.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"423\" height=\"313\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-picnic-on-road-to-Skype.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-picnic-on-road-to-Skype.jpeg 423w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-picnic-on-road-to-Skype-300x222.jpeg 300w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-picnic-on-road-to-Skype-405x300.jpeg 405w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dinsdag oggend is ons verder met kuspad noord en die terein raak net mooier en mooier. Die pad is plek plek enkelbaan, met breer plekke hier en daar vir voertuie om verby mekaar te kom. Gelukkig is daar maar min voertuie op daardie paaie.<\/p>\n<p>By Malaig is ons met &#8216;n ferrie oor na die eiland van Skye, en het gery tot by Portree, waar ons weer begin soek het vir &#8216;n B&amp;B, tevergeefs, almal vol.\u00a0So 20km uit\u00a0Portree kom ons toe\u00a0op &#8216;n oulike klein dorpie af met &#8216;n goedkoop B&amp;B, waar ons die aand gebly het.\u00a0Woensdag\u00a0oggend is ons van daar af verder noord na Applecross, en die Applecross Skiereiland. Weereens, \u00a0die paaie en terein fantasties, perfek vir &#8216;n bike soos die GS. Al die tyd sedert Glasgow was ons nog geseen met pragtige weer, selfs sonskyn op party plekke, en geen reen. Temprature is &#8216;n lekker koel 15 grade C. Die\u00a0middag het ons net voor Inverness al vroeg begin soek vir &#8216;n B&amp;B, en by die 3de\u00a0probeerslag plek gevind op &#8216;n plaas. Die skape hier in skotland is so mooi dat ons einlik fotos neem van hulle, die locals dink seker ons is van ons kop af. Die skape lyk presies soos daai skape in die film Babe, lekker dik wol, spier wit en stok stywe bene, lyk te koddig as hulle hardloop. Party is wit met &#8216;n swart kop.<\/p>\n<p>Donderdag oggend het Dave ons kom haal by Inverness en ons al met pragtige paaie langs terug geneem na Aberdeen. Die area tussen Inverness en Aberdeen is weereens baie pragtig, maar lyk meer soos die tiepiese Skotse poskaart fotos, groen en heuwelagtig met wit skaap kolletjies op die velde. Dit het heel dag gereen en was &#8216;n koel 10 grade C, maar ons het die natuurskoon so geniet dat die weer ons nie gepla het nie.\u00a0Nou is ons hier by Dave, en het gister die GS se olie getap en die klein dingetjies deurgegaan. Die 4 wielboude se skroefdraad is gestrip van die loskom in Derby, en die agterband is glad gery, \u00a0en ek bedoel glad. Dis die eerste keer in my lewe dat ek &#8216;n buiteband 100% glad ry, en die kante is meer afgeloop as die middel. Ons het die boude bestel en sal\u00a0Saterdag by die dealer wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id='gallery-4' class='gallery galleryid-301 gallery-columns-3 gallery-size-full'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-JOhan-on-Road-to-Appelcross-UK.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"369\" height=\"282\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-JOhan-on-Road-to-Appelcross-UK.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-JOhan-on-Road-to-Appelcross-UK.jpeg 369w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-JOhan-on-Road-to-Appelcross-UK-300x229.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 369px) 100vw, 369px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Applecross-pininsula-sheep-.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"205\" height=\"150\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Applecross-pininsula-sheep-.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon portrait'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-One-finished-rear-tyre.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"107\" height=\"137\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-One-finished-rear-tyre.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>12 July 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Halo, ons is in Edenburgh, kuier by Heather, Charmaine se niggie.<\/p>\n<p>Ons het die bike uitgesorteer in Aberdeen, nuwe agterband ook opgesit. Bike is nou reg vir die lang adstande van Noord Amerika.\u00a0Ons beplan om vanaand in York te slaap, en more af te ry na Windsor. Maandag sal ons tyd spandeer om die bike gekrat en gestuur te kry, en hopelik\u00a0Dinsdag aand af te gaan na South Hampton. Cheers Scotland we will surely miss you and come back for more in the future!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id='gallery-5' class='gallery galleryid-301 gallery-columns-3 gallery-size-full'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-Heather-Edinburgh-Scotland-.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"337\" height=\"257\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-Heather-Edinburgh-Scotland-.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-Heather-Edinburgh-Scotland-.jpeg 337w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Charmaine-Heather-Edinburgh-Scotland--300x229.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 337px) 100vw, 337px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Back-in-England-.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"317\" height=\"238\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Back-in-England-.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Back-in-England-.jpeg 317w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Back-in-England--300x225.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 317px) 100vw, 317px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Cheers-Scotland.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"313\" height=\"232\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Cheers-Scotland.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Cheers-Scotland.jpeg 313w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Cheers-Scotland-300x222.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 313px) 100vw, 313px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1 style=\"text-align: center;\">Back in England<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><\/h2>\n<h2>15 July 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>I&#8217;ve been underestimating the size of the UK. The ride north and back was way over 2000km, in one week. That might not sound much for you in Namibia or the Northern Cape, but there is a big difference in the distance on straight roads than on these windy roads. In Scotland, we only managed an average of 250-300km in a day, and it took us the entire day to ride it. Yes, we drove slowly\u00a0and stopped a lot, but that is what this trip is about, taking it easy. In Ellon, near Aberdeen, we stayed with Dave and Dorothy, where I serviced the bike and fitted a new back tyre. I&#8217;ve decided to give the Metzler brand a go and see if it will last longer than my previous Maxis, which lasted 14,000km, not too bad I guess.<\/p>\n<p>From Aberdeen, we drove South past Dundee, where I picked up the 4 new wheel bolts. Unfortunately, and typical Corporate BMW, they were happy to sell the bolts to me and take my money, but was not keen to let me use their 10mm Allen key spanner to remove the temporary bolts and fit the new BMW bolts. I guess if your name is not Ewen Mgreggor, you don&#8217;t stand a chance, you&#8217;re on your own mate.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id='gallery-6' class='gallery galleryid-301 gallery-columns-2 gallery-size-full'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Edinburgh-train-bridge.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"359\" height=\"268\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Edinburgh-train-bridge.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Edinburgh-train-bridge.jpeg 359w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Edinburgh-train-bridge-300x224.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 359px) 100vw, 359px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-Scotland-with-national-emblem-Thistle.jpeg'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"347\" height=\"259\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-Scotland-with-national-emblem-Thistle.jpeg\" class=\"attachment-full size-full\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-Scotland-with-national-emblem-Thistle.jpeg 347w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/UK-Johan-Scotland-with-national-emblem-Thistle-300x224.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 347px) 100vw, 347px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>From Dundee, we drove further south past Edinburgh, York, Coventry and arrived at Windsor Monday morning, all the way with the 2x 12mm temporary Allen cap screws as wheel bolts! With our arrival we went to a company we&#8217;ve met at the Horizons Unlimited rally, specializing in freighting bikes. (James Cargo) In a matter of an hour or two, we were done with all the paperwork and left the GS with them. (950 pounds was the cost)\u00a0We got on a train and commuted down to South Hampton, to Ted and Jackie Russell. They are CMA members in England and are, like all of them, wonderful people.<\/p>\n<p>I wish all of you at home or work a wonderful day.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>8 July 2008 &nbsp; &nbsp; Just to let you all know, we are enjoying travelling\u00a0through\u00a0the UK at the moment.\u00a0From Switzerland, we drove through the Black &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":302,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[8],"tags":[32,35,30,33,31,34,29],"class_list":["post-301","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-europe","tag-aberdeen","tag-coventry","tag-derby","tag-edinburgh","tag-england","tag-glasgow","tag-united-kingdom"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/pexels-dominika-greguA\u00a1ovA\u00a1-672532.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/301","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=301"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/301\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":700,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/301\/revisions\/700"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/302"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=301"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=301"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=301"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}