{"id":390,"date":"2008-12-07T08:00:27","date_gmt":"2008-12-07T08:00:27","guid":{"rendered":"https:\/\/jc4ever.co.za\/?p=390"},"modified":"2022-03-15T19:10:57","modified_gmt":"2022-03-15T19:10:57","slug":"florida-to-texas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/jc4ever.co.za\/?p=390","title":{"rendered":"Florida to Texas"},"content":{"rendered":"<h2>7 December 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>We are in Huntsville, Texas with Henry and Sandra&#8230;&#8230;cousin of John from Alaska. Going to church and will be back late in the afternoon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>9 December 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Heading for Houston today. Will stay the night, then go to Wimberley to stay with CMA&#8217;ers Donna and Bruce who will go with us to Mexico.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>13 December 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons tydjie is nou min in die VSA, maar ons sien geweldig baie uit na Mexico en die ander Sentraal Amerikaanse lande. Die bike loop nou vir die eerste keer in &#8216;n lang tyd 100%! Prys die Here vir dit. Die nuwe &#8216;Throttle Bodies&#8217; maak &#8216;n groot verskil en die bike is weer &#8216;smooth&#8217; met die wegtrek en stadige verkeer-ry. Die buste op die as wat die &#8216;butterfly&#8217; werk was uitgewerk, en laat dan onegalige lug deur, wat veroorsaak dat die bike &#8216;ruk en pluk&#8217; onder 3000 RPM. Het gestir die olie afgetap van die dif, en na 9000km is die olie 100% skoon, met niks metaal in nie. Die vorige bearings het metaal skaafsels in gehad op dieselfde afstand. Ek reken dit sal nog so 8,000 &#8211; 10,000 km wees tot in Panama, waar ek weer die bike sal diens en nuwe buitebande opsit. Dan seker nog so 20,000km vanaf Colombia na Ushuaia (Argentinie).<br \/>\nOns is nog nie seker van ons presiese roete in Suid Amerika nie, dit sal afhang van waar ons die beste deal kry om die bike te verskeep na Australie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>15 December 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Stayed in Sanderson last night, Temp 0.6&#8217;C.\u00a0Heading for Big Bend National Park. Will stay at Chisos Mining Company Motel in Terlinggua. Going into Mexico on Tuesday 16 December 2008.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>16 December 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Leaving Study Butte, heading for border town of Presido.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1 style=\"text-align: center;\">Miami to Presido<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>19 December 2008<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Everglades was nog altyd op my lysie van plekke om te besoek in die\u00a0VSA, en die park het ons nie teleur gestel nie. Die enigste nadeel van die\u00a0park is die muskiete wat sonder ophou lastig is, maar nou ja, dis nou maar\u00a0deel van die paket. Die Everglades is &#8216;n geweldige groot Park in die Suid\u00a0Weste van Florida, en mens moet eintlik een van daardie wind-propeller\u00a0plat-bodem bote he om &#8216;n groot deel van die park te verken. Maar\u00a0ongelukkig is hierdie boot-ritte &#8216;n groot aantreking vir toeriste en die\u00a0pryse nie in ons begroting nie. Ons het wel baie gesien van die pad se\u00a0kant af. &#8216;n Groot deel van die park bestaan uit grasland wat in\u00a0stadig-lopende water groei. Daar is &#8216;n paar &#8216;eilande&#8217; in die moeras-agtige\u00a0terein wat bekend staan as &#8216;Hamock&#8217;s, met regte oerwoud agtige plante wat\u00a0daar groei. Die Everglades is ook die enigste area in die wereld waar die\u00a0Krokedil en &#8216;Aligator&#8217; tesame voorkom. Die Aligator lyk baie soos die\u00a0krokedil, maar sy bek is meer plat en dit wil voorkom of hulle nie so\u00a0agresief is soos ons krokidille in Suid Afrika nie, want mens kan nogals\u00a0naby hulle kom. Aan die Noordekant van die park loop &#8216;n pad wat heet\u00a0&#8220;Aligator Alley&#8221;, en eg aan sy naam het ons honderde &#8216;aligators&#8217; in die\u00a0kanaal langs die pad gesien. Meeste was aan die klein kant (1-2m), maar\u00a0daar was paar menere van 4m en langer ook.<\/p>\n<p>Ons het al met die Weskus van Florida terug gery na New Orleans, waar ons\u00a0gehoop het om ons visa vir Panama op te tel. Die tempratuur in die noorde\u00a0van Florida en Louisiana was verbasend koud, en die nagte het tot by\u00a0friesput gedaal. Gelukkig was ons geseen met verblyf by CMA friende by\u00a0meeste plekke. Dit was net te koud en reenerig om &#8216;n kampie te geniet.\u00a0Terug in die pragtige New Orleans by die Panama Embesade moes ons aanhoor\u00a0dat ons visa nog nie reg is nie (na 35 dae!), en dalk eers in Januarie sal\u00a0reg wees. Dis toe dat ons besluit het om maar aan te stoot. In New Orleans\u00a0het ons by Carl en Cindy gebly. Hulle vertel ons toe van &#8216;n CMA kersfees\u00a0partytjie in Baton Rouge, en nooi ons toe saam. Die partytjie was laat in\u00a0die aand en ons het behoorlik gevries op pad soosntoe, en by die partydjie\u00a0bied Martin en Kay vir ons slaapplek vir die aand aan. Ons was tog te bly\u00a0en dit met graagte aanvaar. Toe ons by hul huis kom, laat hulle ons in hul\u00a0kamer en bed slaap, terwyl hulle in die sitkamer slaap! Hulle was\u00a0wonderlike mense en ons het eers laat die volgende oggend by hulle\u00a0wegekom, want nog CMA&#8217;ers van die omgewing het kom halo se.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-445\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Big-Bend-National-Park.jpeg\" alt=\"\" width=\"381\" height=\"288\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Big-Bend-National-Park.jpeg 381w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Big-Bend-National-Park-300x227.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 381px) 100vw, 381px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis een ding wat ons geleer het van die CMA hier in die VSA, die mense se\u00a0harte is van goud en hul gesindheid baie nederig. Ons in Suid Afrika kan\u00a0baie leer van hulle. . . . . . .Van Baton Rouge (Louisiana) af het ons maar op die groot Interstate gery,\u00a0want die weer was net te koud om te &#8216;explore&#8217;, en daar was erge storms op\u00a0pad na daardie area. Nog &#8216;n ding wat ons geleer het hier in die VSA,\u00a0is\u00a0dat hulle storms van &#8216;n ander klas is as wat ons ken. Hulle storms verniel\u00a0alles wat in die pad kom, en die reen is harder as wat ek al ooit in my\u00a0lewe ervaar het, dit laat die Kaapse winterreen na &#8216;n &#8216;drizzle&#8217; lyk. So 4\u00a0dae na ons weg is uit Louisiana, was daar Tornados deur die gebied wat ons\u00a0gery het wat geboue vernietig het, &#8216;n ander lewe die.<\/p>\n<p>Ons laaste staat in die VSA was Texas. Hulle se jou eerste indrukke van &#8216;n\u00a0plek is blywend, ek hoop nie so nie, want ons eerste indrukke van Texas\u00a0was alles behalwe wat ek verwag het. Die Ooste is maar bra lelik, en ek\u00a0soek nou nog die Cowboys wat ek gedog het hulle het in Texas. Ons het 4\u00a0lekker dae saam met Henry en Sandra op hul wildsplaas naby Huntsville\u00a0gebly. Henry het ons al sy interesante bokke gaan wys, ek kan nie eens\u00a0meer die name onthou nie. Hy het ook volbloed resiesperde waarmee hy teel.\u00a0Daar was &#8216;n paar pragtige perde, alhoewel ek net ken van die &#8216;ysterperd&#8217;.\u00a0Van hulle af was ons na Houston om &#8216;n onderdeel vir die GS op te tel. Ons\u00a0was glad nie beindruk met Houston nie, en het ook weens storm waarskuwings\u00a0besluit om spore te maak na die weste. Dis toe dat ons die mooi deel van\u00a0Texas te sienne kry. Die area wes van San Antonio is egte Afrika bosveld,\u00a0en staan bekend as die Texas Hill Country. Ons het by die pragtige dorpie\u00a0van Wimberley gebly by Bruce en Donna se familie, Joseph en Cherrel. Bruce\u00a0en Donna is afgetrede mense en ook deel van CMA. Hulle het ons vergesel\u00a0van Wimberley af tot in Mexiko. Joseph (die mense by wie ons gebly het) is\u00a0&#8216;n langpad entosias met vele Ironbutt toekenings agter sy naam. Hy ry &#8216;n\u00a01300 Honda ST en het al van Prudoe Bay af tot by Key West gery in 11 dae\u00a0(6000plus myl). Ek kon sy motorfiets werkswinkel gebruik om die GS te\u00a0diens en die agter ewenaar (dif) weer na te gaan. Na 10,000km met die\u00a0modifikasie is alles nog in orde in die ewenaar. Die GS loop nou weer soos\u00a0toe hy nuut was, en met slegs 140,000km op die klok, hoop ek om nog baie\u00a0jare en kilos met hom die wereld te verken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-446\" src=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Lookout-Big-Bend.jpeg\" alt=\"\" width=\"422\" height=\"311\" srcset=\"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Lookout-Big-Bend.jpeg 422w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Lookout-Big-Bend-300x221.jpeg 300w, https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Texas-Lookout-Big-Bend-407x300.jpeg 407w\" sizes=\"auto, (max-width: 422px) 100vw, 422px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die pad en omgewing wes vanaf Wimberley is pragtig. Die &#8216;bosveld&#8217; bos het\u00a0plek gemaak vir Karoo-agtige vlaktes. Soos ek gese het, het Bruce en Donna\u00a0by ons aangesluit met hul Harley Davidson. Ons het die eerste aand geslaap\u00a0in Sanderson, &#8216;n interesante stowwerige dorpie wat my aan Sutherland of\u00a0Fraserburg laat herinner het. Vanaf Sanderson is ons na die Big Bend\u00a0Nasionale Park, &#8216;n bergagtige park teen die grens van Mexico. Big Bend was\u00a0mooi, maar ons het nie te lank daar rondgehang nie, want Mexico het sterk\u00a0geroep. Die volgende oggend toe ons oppak om ons laaste pad in die VSA te\u00a0ry, vertel ons &#8216;buurman&#8217; ons dat daardie pad wat ons beplan om te ry die\u00a0mooiste deel van Texas is. Hy was nie verkeerd nie, want die pad tussen\u00a0Study Butte en Presidio loop langs die rivier (wat die grens maak) wat sy\u00a0weg deur die berge kloof en kronkel. Die uitsigte het ons bekke laat\u00a0oophang, en ons kon Texas verlaat met die mooiste deel en goeie\u00a0herineringe vars in ons gehue, en die lelike ooste deel van die &#8216;verre\u00a0verlede&#8217;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>7 December 2008 &nbsp; We are in Huntsville, Texas with Henry and Sandra&#8230;&#8230;cousin of John from Alaska. Going to church and will be back late &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":391,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14],"tags":[67,68,119,43],"class_list":["post-390","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-north-america","tag-florida","tag-miami","tag-presido","tag-texas"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/jc4ever.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/pexels-nextvoyage-2225499.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/390","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=390"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/390\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":447,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/390\/revisions\/447"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=390"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=390"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/jc4ever.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=390"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}