Greece
Greece

Greece

Ipsala na Igoumenitsa, Mooi Griekeland

 

 

21 June 2008

 

 

By Ipsala, die grensdorpie aan die Turkse kant, het ons in ‘n ‘goedkoop’ hotel geslaap, om die volgende oggend vroeg by die grenspos te wees. Goedkoop in Turkye is nie regtig vir ons goedkoop nie, want teen 20 euro (R200) vir ‘n bed om in te slaap is nogals ‘n klomp geld. Teen oopmaaktyd, 8:00, was ons by die grenspos, en is ons sonder enige probleme uit Turkye en in Griekeland in. Die grenspos is goed ge-olie en is ‘n deur-ry tiepe soos by Hatta, Oman-UAE, en omdat ons eerste by die hek was, was ons sommer gou weer op die pad. Die eerste opmerkende verskil tussen Griekeland en Turkye is die kondiesie van die pad, wat duidelik van ‘n baie beter gehalte is, en die GS se 1150cc enjin het vir die volgende 400km teen 4000 RPM gesit en sing asof hy in sy element was Die terein oos van Tesaloniki is pure plaas, soortgelyk aan die plase wat ons by die huis het. Na ons verby Tesaloniki is, het die terein so bietjie meer berg-agtig begin raak. Ons was nog al die pad op die dubbelbaan snelweg, en het op een kol deur ‘n tolhek gegaan, waar ons 2 euro moes betaal, nie sleg vir so fantastiese pad nie. Die ander groot opletende verskil tussen Griekeland en Turkye was die motorfietse wat jy op die pad sien, niks meer skorra skorras nie, hier loop ordentlike motorfietse wat my 5 jaar oue GS sleg laat lyk. Daar was heelwat V-Storms, Varaderos, Blackbirds en sulke tiepe toer fietse op die pad. Griekeland se mense het duidelik meer geld tot hul beskikking as bure in Turkye. So 300km wes van Tesaloniki raak die pad en terein verskriklik mooi, berge en paaie soos in die Alpe. Die son het al redelik laag begin sit toe ek besluit het om eerder maar slaap plek te soek, veral in so mooi area soos waar ons was. (Metsvoo) By die een klein dorpie sien ons ‘n Hotel teken, en ons stop toe daar en vra die prys. Die 40 euro prys vir een aand het ons egter afgesit, en ons is toe verder die berge in op soek na ‘n plekkie om ons tent op te slaan, gratis natuurlik. Dis toe dat ons op een van ons pragtigste kamp plekke tot hede afgekom het, prentjiemooi met groen gras, berge weerskante, ‘n dam in die verte en selfs ‘n trop skape met klokke wat “musiek” maak soos hulle loop en wei. Ons het heel middag geluister na die ding-dong geluide van hulle klokke, en ons het selfs gewonder of Heidie nie dalk eerder hier in Griekeland gebly het nie.

Die aand was lekker rustig, en die volgende more was ons weer op die pad teen 9:00 of so. Dit was maar ‘n korterigge 200km na die hawestad van Igoumenitsa, waar ons die Ferrie boot na Italie gekry het. Daar is ‘n duidelike verskil tussen die feries wat ons al gery het in Afrika, en ook tussen UAE en Iran, en die bielie van ‘n ferrie wat ons nou op was. Daar ry sulke groot vragmotors, busse, en alles op. Die binnekant lyk soos ‘n hotel, met ‘n ontvangs waar jy aanmeld na jy jou ryding iewers op die dubbeldek geparkeer het. Die kamers was so bietjie buite ons begroting, maar die algemene sitplek vir die “cheapskates” soos ons was baie mooi en gerieflik. ‘n Wonderlikke belewenis inderdaad. Oja, die Ferrie rit het ons 107 euro gekos, en was oornag…………………….Italie, hier kom ons!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *