Iran
Iran

Iran

 Dubai to Shiraz

 

29 May 2008

We are safely in Shiraz, 700km from the port where we entered Iran. Everywhere we went, we were met with extreme hospitality and friendliness. We spent our first night in Bandar e Lenge, the second night in Lar, and are now resting in Shiraz, one of Iran’s great tourist cities with plenty of historical sites. Tomorrow we will visit Persepolis, the ruins of King Darius’ palace that dates back to 512BC!

The photo will speak for itself.

 

 

Iran is glad nie wat ek myself voorgestel het hoe dit sal wees nie, dis agtermekaar, netjies, pragtige landskap met besonders vriendelike mense. Ons eerste indruk van die land waarvan mens net ‘slegte’ stories hoor is net die teenoorgetelde. Dis nog early days, maar dit kan heel moontlik 1ste op my gunstiling land lysie beland. Ons eerste indruk sover is besonders goed. Dinsdag oggend 5:30 het ons vir die laaste keer met Dubai se groot snelweg, Sheikh Zayed Rd gery,verby die wereld se hoogste gebou, die Burj Dubai, tot by die hawe van Sharjah, 50km noord van Dubai. Teen 9:00 was ons op die ferrie, reg om die Persiese Golf oor te steek. Die ferrie rit so ongeveer 5 uur lank op glade water. 5 of wat ure later het ons gedok by Bandar e Lenge, Iran. Die immegrasie formaliteite het baie glad verloop, ten spyte van die feit dat hulle nie ons paspoorte kon lees of verstaan nie. Hulle vra omtrent 3 keer oor: ” From which country are you?” Die woord “South Africa” lui nie regtig ‘n klokkie nie, want hulle kyk dan weer en weer na die paspoort met groot vraagtekens op die gesigte. Gelukkig het ek my Dubaise bestuurs lesensie byderhand gehad, wat in arabies wys wat my nasionaliteit is. Waneer hulle dit eindelik begryp, kry ons ‘n glimlag van oor tot oor met die woorde: “Welcome to Iran”. Ek glo ook nie dat enige ander nationaliteit ‘n ander verwelkoming sou he nie. So was dit nog met almal wat ons hier ontmoet het. Die wat kan engels praat, is uitgehonger om jou ‘lastig’ te val en net te gesels, net te bly om hulle engels te oefen. Nie een keer louf hulle iets by jou nie, en is net verbaas en trots om te sien dat ons die moeite doen om in hulle land wil kom toer. Een ou by die hawe- Customs het gewerk vir Sasol (in Iran), en so ken hy van Suid Afrika. Maar die meeste weet nie regtig enige iets van ons land nie. Een het wel geweet van Mandela, maar dis ook al. Soos ek gese het, die imigrasie was eenvoudig, maar ons kon nie die motorfiets afgelaai nie, want dit wat laagwater en die Ferrie se deur kon nie oop nie. Na 3 uur se wag, met die customs wat al toe is het ons die bike afgelaai en in die customs gebou geparkeer om die volgende dag te verklaar.

Ons hotel was so 200m se stap vanaf die hawe, en het ons $10 uit die sak gejaag. Die volgende oggend 8:00 was ek by die customs met my aangestelde helper en tolk (wat nie kan engels praat nie). Wel, na so uur en ‘n half was ek pap nat gesweet van rondstap vanaf een counter na die ander, en ook die onderstel en enjin nommers kykery. Later toe sien my helper is is kapot, toe laat hy my maar sit in die koel kantoor, terwyl hy rondhardloop namens my. Gewoonlik sou hierdie tiepe prosedure my geiriteer het, maar die mense is so vriendelik dat dit eintlik vir my ‘n plesier was om oor die 3 ure daar te spandeer. Ek was met niks anders as vriendelikheid behandel nie. Net na 12, vat ons die pad noord in die hoop om weg te kom van die ondraaglike hitte (43 grade, soos Dubai) en bedompigheid. Teen 18:00 uur se kant ry ons Lar binne, 280km vanaf Bandar e Lenge, en dis nog steets 43 grade, maar darem nie so bedompig nie. Veral Charmaine het afgetjop, want sy kan nie haar baadjie uitrek waar ons stop nie, en moet ook eintlik haar kopdoek opsit waneer sy haar helmet afhaal.Ons boek toe in by die eerste beste hotel.  Die terein en pad het ons baie laat dink aan Yemen, bergagtig, met geen plantegroei op nie. Vanoggend teen 5:00 was ons al weer op pad, en die tempratuur was ‘n baie aangename 24 grade tot so 9 uur se kant. Petrol in Lar het my $7 gekos vir 17 lieter, vier keer die prys wat die locals betaal, maar nog steeds ‘n winskoop in vergelyking met die res van die wereld. Nou is ons in Shiraz (700km vanaf Bandar e Lenge), wat blykbaar baie interesante historiese plekke het, maar dis te warm om rond te stap en dit te gaan kyk, so ons rus nou maar eerder, want more is weer ‘n lang dag na Eshfahan.

 

Shiraz to Esfahan

31 May 2008

Friday, 30 May 2008, and we were up and about at 5 am, when the weather is the coolest and the traffic the quietest!  This morning we are heading for Persepolis in Marvdasht. The road out of Shiraz was through mountains and small farmlands, quite pretty.  As in Ethiopia, the farms are all worked by hand.  We saw little tents pitched in the fields and I am assuming that that is where they go for their siesta in the afternoon and I’m sure on some occasions it might be where some of the field workers live.  Even though it was early morning there were many trucks and busses on the road making the crisp morning air thick with diesel fumes and the big clouds of black smoke.  The road condition is relatively good, with re tarring being done in places.  The road from Shiraz to Tehran is about 1000km and is a double carriage freeway all the way, quite impressive.

We got to Persopolis at 7 am the opening time, bought our tickets at 10,000 Iranian Rials (US$1) each and headed for the ruins.  In about 515 BC, the Persian King Darius I began constructing this massive and magnificent palace complex as a spring capital.  It was completed by a host of subsequent kings over the next 200 years. More importantly King Darius I, is mentioned in the Bible (Esra 1 – 8) as the king who gave the order to finish the rebuilding of the temple of the God of the Israelites in Jerusalem.  King Artaxerxes I, the grandson of King Darius I, wrote a letter to Esra (Esra 7) giving him permission and authority to once again teach the Jews the Law of Moses. This was where they ruled Persia from, and at the time of Esra, Jerusalem fell under their rule. The buildings at Persepolis are divided into three areas; military quarters, the treasury and the reception and occasional houses for the King of Kings. These included the Great Stairway, the Gate of Nations (Xerxes), the Apadana palace of Darius, the Hall of a Hundred Columns, the Tripylon Hall and Tachara palace of Darius, the Hadish palace of Xerxes, the palace of Artaxerxes III, the Imperial Treasury, the Royal Stables and the Chariot house.  Darius the Great built the greatest and most glorious palace at Persepolis that was used for the King of Kings’ official audiences. The work began in 515 BC and was completed 30 years later, by his son Xerxes I. Each column is 19m high and carried the weight of the vast and heavy ceiling.  The columns were joined to each other with the help of oak and cedar beams, which were brought from Lebanon. The Walls were tiled and decorated with pictures of lions, bulls, and flowers. The external front views of the palace were embossed with pictures of the Immortals, the Kings’ elite guards. To see the quality of the craftsmanship and the way the Iranians have preserved the site is really unbelievable.  Once again our Lord has blessed us with an awesome experience.

 

 

Next, we headed for Esfahan, the scenery changed back to flat, dry open plains but thankfully the weather stayed a mild 32 degrees Celsius.  At our first police block, about 40km’s outside Sharehza…. the policeman pointed out that the back tyre looked flat….  no worries, as we can fix a puncture….. except it wasn’t a puncture it was the valve… and not just the ‘pipi’ thing the whole magical!!  Johan was ‘bobajaaning’ himself as believe it or not, that is the one simple thing he did not pack!  tee hee hee, the adventure really has begun.  Thank you Jesus for the friendly police and army guys, I sat under the trees (without a head-scarf) enjoying a cup of chai, writing in the diary while Johan, the GS back wheel and the rescue ranger (the guy who checked our passports) headed off into town to see if the valve could be replaced.  There was plenty of police/army around, in all sorts of variations of uniform. The conversation was lots of sign language and laughs. The Iranians are very different to the Emirates/Arabs, more friendly and approachable (even the ladies), from our short experience they seem to be very genuine with no hidden agendas….they also look different and have slimmer features. About an hour later the boys came back with smiles, hallelujah, the valve was replaced.  Three and a half hours later, we were on road again.

Esfahan was a total breath of fresh air.  If you were blindfolded, put in the road and then asked to take it off and say where you were, you would get confused with Dusseldorf, or somewhere in Europe!  So so pretty, huge trees line the streets, new and old buildings colourfully decorated with mosaic, street-side cafes and a beautiful river runs through the town.

 

Esfahan to Van

 

4 June 2008

 

 

We had a few long, hard riding days behind us. Our route from Esfahan to Van (Turkey) took us past Daran, Hamadan, Takab and Orumiyeh. We’ve travelled 2800km since we left Dubai, one week ago. The bike is performing very well. We only spent one week in Iran, driving most of the time, but the country and its people are fantastic. I feel guilty that we did not have more time to spend in Iran. Not once did we experience anything negative while being there. It is a great country to travel in, with great people that are honoured to have us as tourists there, and they went out of their way (in a nice way) to make us feel welcome.  We arrived in Van today. Charmaine is sick with a bad fever, so we will stay here until she feels better.

(In case you have not figured it out, everything in purple is in Afrikaans, so if you can’t read it, skip the purple writing)

Esfahan is ‘n besonderse mooi stad, met baie boom ryke strate, en baie skoon. Ons het saterdag namiddag so bietjie gaan rondstap in Esfahan. Dis veral die brue oor die rivier wat my beindruk het. Hulle is 100de jare oud, en is fantasties instand gehou. Daar is ook ‘n bekende vierkant in die middel van die stad, met 2 masiewe moskees wat uitkyk op die vierkant. Die moskees se ingange, torings en koepels is versier met tiepies Persiese geverfde blou teels, nogals mooi. Na die stappery (6km) was ons pap tyres, en het sommer vroeg aan die slaap geraak, want die volgende oggend sou ons teen sonopkoms in die pad val. Ons planne werk toe ook mooi uit, want teen die tyd toe die son sy kop oor die berge steek, toe is ons al uit die stad op pad na Hamadan. Die eerste 300km van ons roete was fantasties. Ons het in hoogte geklim tot en met 2400m, tussen bewerkte landerye en weivelde sover ons kon sien. Op een kol, naby Daran, was ‘n reeks berge aan ons linkerkant met sneeu op die bokant. Die laaste 200km of so voor Hamadan, was nie so aangenaam nie, want die dorpe en omgewing was baie industrieel, met baie vragmotors wat marmer blokke, staal en ander myn goeters vervoer. Die wind het ook gewaai en die lug was baie vol stof. Toe ons Hamadan binnery, was ons oe kwaai krapperig (agv die stof). Toe begin die groot gesoek vir ‘n goedkoop hotel in ‘n dorp waarvan ons nie ‘n kaart het nie. Na ons die derde keer by dieselfde polisieman verby gery het, het hy seker afgely en aangeneem ons soek seker ‘n hotel. Hy ry toe voor ons en wys ons na ‘n hotel, maar ongelukkig een wat so bietjie te duur na ons sin is. Einde laaste kry ons een, reg in die middel van die middestad, in ‘n raserige straat. Ek was te moeg en het nie kans gesien om in die besige verkeer verder te soek vir ‘n beter plek nie, toe boek ons maar in, ten spyte van die feit dat daar geen storte was nie en die toilette redelik aaklig. Toeilette was ook net van die gat-in-die-grond tiepe, ‘n ietem wat ek verpes en probeer vermy.

 

 

Voor ons gaan slaap het, stap ons om die draai op soek na kos vir aandete. Ons stap toe in by die eerste plek wat lyk of hy kos het, en soos oudergewoonte wys ek net na die ou langsaan se kos en se ek soek ook daarvan. (Dis al wat mens kan doen as jy nie hulle taal kan praat of spyskaart kan lees nie) Hulle bring toe die kos, wat vir my gelyk het soos maalvleis op plat arabiese brood, en twee sosaties met hoender. Met my eerste hap proe ek dat die goed duidelik nie smaak soos ek gedog het dit sou nie. Charmaine eet toe maar tog te lekker verder, maar ek kon die goed nie inkry nie, my binneste het geprotesteer daarteen. Later toe ek die rou produkte so bietjie van nader beskou, lyk die maalvleis toe soos een of ander lewer/niertjies/afval goed, iets wat ek nie kan in kry nie. Charmaine reken dit was nie lewer of nierties nie, en was iets wat sy nog nie vantevore geproe het nie. Die sosatie wat ek dog is hoender, lyk toe al hoe meer vir my soos derms. Toe’s ons daar uit en eet toe maar ‘n hamburger verder met die pad op. Die mark in Hamadan was soos ‘n miernes van mense, met stegies oorals waar jy kyk, soortgelyk aan die wat jy by Stone Town (Zanzibar) kry, maar net baie groter en meer. Hamadan dateer terug tot voor Christus, en was een van die hoof handels punte op die destydse ‘Silk Route’. Blykbaar is die uitleg van die mark en binnestad dieselfde as destyds. Die dorp was nie so mooi en skoon soos sommige ander dorpe in Iran nie, maar dit was wel besonders en interesant om ‘n ou dorp op die ‘Silk Route’ te besoek en beleef.

Die volgende oggend was ons weer op pad met die tyd toe die son sy kop uitsteek. Die groot voordeel om so vroeg aan die gang te kom, is om die verkeer heeltemal vry te spring. Die pad en terein tussen Hamadan en Orumiyeh is uit die boekke, die een draai op die ander, op en af oor rolende heuwels soortgekyk aan die wat ons by die Overberg (Riviersonderend) het. 280km vanaf Hamadan het ons by Takht-e-Soleyman aangedoen, en ook daar gekamp. Takht-e-Soleyman is ruines van ‘n stad wat terug dateer tot 500VC. (Sien foto) Die indruwekkende ding is dat dit gebou is op ‘n koppie wat lyk soos ‘n ou vulkaaniese berg. In die middel van die kompleks is ‘n dam in sy natuurlike vorm, gevorm met lawe rotse (sien foto links onder), lyk amper soos ‘n groot ronde swembad. Aan weerskante van die ‘dam’ vloei die water oor by 2 nutuurlikke uitlope, alhoewel daar geen inloop is nie. Die water kom uit die grond uit, soos ‘n natuurlike fontein.  Daar is geen geriewe of blyplek nie, maar ons het sommer so in die oopte tent opgelaan en die namiddag en aand daar spandeer. Dit was ons eerste aand in stilte, al die ander kere was ons wakker gehou deur straat lawaai.  Soos die voorige kere, was ons die volgende oggend weer op die pad met sonopkoms. By Butan, toe ons stop om water te koop, was ons weereens met geweldige gasvreiheid ontvang. Die outoppie van die winkel kon egter nie ‘n woord verstaan of uitmaak wat ek soek nie, toe laat roep hy sy kleinseun, wat vlot was in engels. (Sien foto bo links) Die klong vertel ons toe dat Butan bekend is vir sy 3 wiel bakkies, want Butan is die dorp waar die goed vervaardig word. Nou ek het in vorige dorpe die 3 wiel kontrapsies gesien  (Sien foto bo links), maar hier in Butan is hulle ooral waar jy kyk. Stel jou voor; ‘n klein weergawe van ‘n trekker sleepwa se bak en wielle, so 1.2m breed en 2m lank. Vooraan die sleepwa bak is ‘n raamwerk met ‘n sitplek soos ‘n ou Vaaljapie, redelik hoog, so skuins bokant ‘n 2 of 3 silinder diesel enjin soortgelyk aan die wat jy op ‘n sement menger of ‘n kragopwekker kry, ‘n handvatsel/stuur meganisme en ‘n vierkantige voorlig wat lyk soos ‘n ou Kawa GPZ1100 s’n. Dit smaak my jy kry verskillende modelle, party met ‘n cab, en ander sommer so retro-style. Dis ‘n gesig om te sien, en ons het van die ‘Butan Bakkies’ ver buite die dorp ook gekry. en die manne looi ook die goed, ry so 50 – 60km/h, nie sleg vir ‘n ding wat lyk of hy teen 5km/h op ‘n konstruksie-site hoort nie. Oja, en geen vering nie, heeltemal solied, al hoppende ry hulle.

Toe groet en dank ons die Laatie, sy pa, oupa, en ander vrinne wat na die GS kom kyk het, en ry toe weer rustig voort in die rigting van Turkye.

 

 

Iewers langs die pad by een van die kleiner dorpies het ek by ‘n buiteband herstel winkel gestop om ‘n spaar ‘tubeless valve’ te kry, net ingeval die ander wiel se valve ook besluit om die gees te gee. Weereens, kon ons mekaar nie verstaan nie, maar so tussen die handgebare deur begryp die ou toe wat ek soek en gee my ‘n nuwe spaar valve. Toe ek hom wou betaal, wil hy niks daarvoor he nie. Kan jy dit glo, so anders as wat ek gewoont is in Afrika en nog meer in Dubai, waar die prys sommer verdubbel as jy ‘n wit vel het. Dit was ook die geval met die ou wat my valve net voor Esfahan regemaak het, wou niks geld daarvoor he nie, net geglimlag en gese:” Welcome to Iran”. Die ou en sy paar aanhangers wou toe (soos omtrent almal wat ons ontmoet) weet waarvandaan is ons. Dit vat so paar keer om hulle te oortuig dat ons werklik van Suid Afrika is, en nie van Amerika of Europa nie, ek glo nie hulle het al ooit ‘n wit man van Afrika ontmoet of gesien nie.  Die grensprosedures aan die Iran se kant was redelik eenvoudig, en het so 45 minute geneem. Die beamptes was goed ingelig en het presies geweet wat om te doen en was al die tyd baie vriendelik en behulpsaam. Die Turkyse kant van die grens was so bietjie van ‘n ander storie, en het 2 uur geneem, maar ek sal julle meer daarvan vertel op ‘n later stadium.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *