Islamabad
Islamabad

Islamabad

January 2008

 

 

Ek het die vooreg gehad om namens my werk Islamabad, Pakistan te besoek. Nadat ons vir een en halwe jaar in Dubai ‘gestrand’ was, was dit ‘n wonerlike ervaring om weer in ‘n normale land te kon wees. Ek beskou ‘n land as normaal as daar ‘n verskydenheid is, arm en ryk, normale plantegroei en vriendelike mense. Dit het ek als beleef in Pakistan. Ek het ‘n rook area filtreer systeem geinstaleer by die lughawe en was omtrent so 2 weke daar in 2 besoeke. Later was ‘n 3de besoek ook nodig en dit was gedurende my verjaarsdag. Ek het dit gesien as ‘n groot seën, aangesien ek my verjaarsdag in ‘n normale land kon vier. Met daardie besoek het Charmaine saamgekom en ons het 3 dae vry gehad om die area te verken.  Islamabad het my getref as ‘n pragtige stad met baie vriendelike mense. Daar is ook heelwat christene, soos ‘n paar taxi bestuurders trots met my gedeel het. Die dag voor my verjaarsdag het ons ‘n taxi gevat na Muree, ‘n dorpie so 50km noord van Islamabad. Op pad het die taxi eers vol gas gemaak, ja gas.  Die motors daar is omtrent almal baie klein (Suzukis) en ry met gas, soos vurkhysters in Suid Afrika. Daar is ook petrol beskikbaar, maar is baie duurder as die gas. Op pad na Muree klim die pad al kronkelend teen die berg uit, so 1000m hoër as Islamabad. Die uitsigte was pragtig. Toe hy ons daar aflaai het ons so bietjie rondgeloop en ‘n goedkoop slaapplek gesoek, en een gevind langs ‘n Rooms Katolieke kerk gebou.

 

 

Die dorp was ‘n destydse Britse hoofdorp van daardie area, en die boustyl en omgewing het my baie laat herinner aan ons eie Pelgrimsrus. Die volgende dag het ons weer ‘n taxi terug Islamabad to geneem teen halfprys as die voorige dag, aangesien dit heelpad afdraand is.
Terug in Islamabad het ons so bietjie gaan rondstap in die natuur en voetpaadjies, iets wat Dubai glad nie het nie. Dit was so lekker dat toe ons moet oppak om terug te kom Dubai toe, ons heel teleurgesteld was. Dit was lekker om ‘n land te besoek wat nie hoog op die toeriste lys is nie.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *