Woestyn Outing
Woestyn Outing

Woestyn Outing

Oktober 2007

 

 

Ons verbly in Dubai het ons die vooreg gegee om menigde kere die woestyn te besoek. Die woestyn is die één ding van hierdie land waarop ek verlief geraak het. Dit is asemrowend mooi en gee jou so ‘n afgesonderde gevoel soos geen ander terein.

 

 

Ons eerste egte woestyn 4×4 besoek was in ons 2de week in UAE, saam met Richard, Yolanda en Shauwn. Ons was uit in die buitehoek van die so ganaamde Empty Quarter suid van Al Ain. Dit word die Empty Quarter genoem omdat dit empty is van enige mense. Bitter min mense gaan diep in, aangesien dit net sand duine is so ver jy kan sien, blykbaar die grootste sand woestyn area in die wereld. Ons was nou wel nie van plan om te diep in te gaan nie, en het maar net so paar duine en sout panne gaan verken. Ook het ons die geleentheid gehad om met ‘n stuk hardbord wat glad gevryf is met waks, teen die groot duine af te skaats, man, laat ek jou nou vertel dit is groot pret! Na daardie besoek was ons weer so paar keer af na daardie deel van die Empty Quarter, die keer met ons eie 4×4.Ons 2de woestyn besoek was nie lank daarna nie, toe ons afgesuiker het na Liwa oasis, so 200km suid van Abu Dhabi. Die keer was ons op ons eie en met die GS. Dit was ‘n besonderse trip en ons het met die GS en al op ‘n duin geparkeer en tent opgeslaan. Daar het ons ook op ‘n spul sand rose afgekom.

 

 

Die Liwa deel van die Empty Quarter is my persoonlike gunsteling en ons was al baie daar. Dis ook die deel waar hulle die UAE Desert Challenge hou, ‘n kleiner weergawe van die bekende Parys-Dakar wedren.  Die meeste spanne gebruik juis die UAE desert Challenge as voorbereiding vir die Dakar, met die gevolg ons het ‘face to face’ met baie van die groot Dakar manne en spanne gekom tydens die Desert Challenge. Die lekkerste Liwa-experience is die kere wat ons saam met ‘n klein groepie 4×4 entosiaste afgegaan het. By so uitstappie word daar natuurlik geweldig baie duine gery, en dis een van die lekkerste bestuurs ondervindings wat ek ken, jy, jou masjien en die magtigheid van God se natuur wat meeste kere genadeloos is, maar met so bietjie ondervinding en comon sence word die sandry-kuns ook gou bemeester, en dan raak dit eers lekker. Liwa het van die grootste duine in die wereld, amper soos ons by Sosusvlei het. Die verskil is dat hier mag jy daarop ry. Die meeste duin samestellings eindig met ‘n ‘slip-face’ wat teen so 40% heiling is, en oor die 100m hoog. Dis een van die lekkerste gevoelle om oor die kruin van so masiewe duin te ry en af te ry teen een van daardie slip-faces.

 

 

Baie kere dan brul die sand onder die 4×4 se wielle, fantas Groot was my verbasing om te sien waartoe ‘n 4×4 motor in staat is, veral die groot swaar Toyota Land Cruisers en soortgelyke 3-ton voertuie  Ons begroting was egter nie van so aard om ‘n duur 4×4 aan te skaf nie, en ons het besluit op ‘n Hyundai Galloper, 3 lieter V6. Dis gebaseer op die ouer Pajeros, en gebruik dieselfde onderstel en enjin. Die kort-as en V6 enjin kombinasie het homself al menigte kere as bobaas bewys. Die enigste 2 modifikasies wat ek nodig ge-ag het was was ‘n groter verkoeler en breër wielle. Ons geniet hierdie karretjie geweldig baie, en droom nie eens vir ‘n blinker vuurwa vir die woestyn nie. Die meeste geleenthede kan mens nie so ver afry na die Empty Quarter nie, dan is daar ‘n stuk woestyn sommer hier naby aan Dubai. Veral in die somer is dit ons uithangplek.

 

 

Baie mense wat in Dubai werk kom ook nooit regtig verder as die stuk sand nie. Dit herinner my baie aan daardie stuk duine tussen Swakopmund en Walvisbaai, ook met 4-wiel motorfiets verhuurplekke lans die pad. Dis ook net so mooi daar, en ons het ‘n hele paar keer daar gaan oornag. Ons het op ‘n spesiale plekkie so 70km vanaf Dubai afgekom, wat ons Richard se kamp gedoop het. Dit was ons kampplek menigte kere as ons woestyn-ontrekkings simptone begin kry het, en lus het vir ‘n vinnige wegbreek uit die stad. .Ons het later van tyd die tent veruil vir 2 opvou kamp beddens. Ons vind dit baie beter, aangesien dit jou geleentheid bied om onder die sterre  te slaap en ook meer deel van die natuur te wees. Dis veral die voeltjies se vroeg oggend gesing en die sonsopkoms wat baie spesiaal isIn die somer is dit egter te warm om in die dag tussen die duine te wees, en jou woestyn besoek is beperk tot baie vroeg in die oggend. Dit het gelei na ‘n hele paar vroeg oggend uitstappies na Big Red (Duine naby Dubai).  Ek weet regtig nie hoe mense so lank hier in Dubai kan bly en nooit in die woestyn kamp nieDie GS was ook so paar keer weer die duine in, net vir so bietjie sand-ry oefening en ondervinding. Hy bly maar ‘n swaar stuk yster en nie regtig bedoel vir sand nie. Die een keer was ons 3 GS’e, my 1150 Adv, ‘n 1200 Adv en ‘n 1200. Ons blaas die bande af tot so 0.6 Bar voor en 0.8 Bar agter, en dan ry jy daai os dat jy jouself verbaas. Knop-bande is natuurlik duisend maal beter as gewone bande. Na die paar sand eskepades het ek wel tot die besluit gekom dat dit moontlik is om oor woestyn sand te toer, maar baie harde werk is en ek nie regtig kans sien om dit oor ‘n lang afstand met ‘n gelaaide GS te doen nie.n die somer is dit egter te warm om in die dag tussen die duine te wees, en jou woestyn besoek is beperk tot baie vroeg in die oggend. Dit het gelei na ‘n hele paar vroeg oggend uitstappies na Big Red (Duine naby Dubai). Ek weet regtig nie hoe mense so lank hier in Dubai kan bly en nooit in die woestyn kamp nie Die GS was ook so paar keer weer die duine in, net vir so bietjie sand-ry oefening en ondervinding. Hy bly maar ‘n swaar stuk yster en nie regtig bedoel vir sand nie. Die een keer was ons 3 GS’e, my 1150 Adv, ‘n 1200 Adv en ‘n 1200.

 

 

Ons blaas die bande af tot so 0.6 Bar voor en 0.8 Bar agter, en dan ry jy daai os dat jy jouself verbaas. Knop-bande is natuurlik duisend maal beter as gewone bande. Na die paar sand eskepades het ek wel tot die besluit gekom dat dit moontlik is om oor woestyn sand te toer, maar baie harde werk is en ek nie regtig kans sien om dit oor ‘n lang afstand met ‘n gelaaide GS te doen nie.

Een ding is seker, ons sal die pragtige woestyn van die UAE baie mis waneer ons hier weggaan. Dit is by verre die hoogtepunt van ons Dubai-ondervinding gewees. Ons is dankbaar dat ons die geleentheid gehad het om dit te kon ondervind en ontdek.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *